![]() |
|||
![]() |
Word Ryk Die geheim van The Secret onthul Vertaal en byeengebring deur Thomas Mollett |
||
|
Beskikbaar Junie 2011, meer besonderhede sal dan verskaf word RRP: R90 ISBN: 978-1-920424-21-3 Besonderhede: Self-help Beskikbaar: Feb 2011
|
Word Ryk bevat hoofsaaklik die volle vertaalde weergawe van die oorspronklike boek The Science of Getting Rich deur Wallace Wattles wat 100 jaar gelede die eerste keer gepubliseer is. Ronda Byrne skryf in die The Secret en The Power dat hierdie boek haar lewe verander het en as inspirasie en grondslag gedien het vir die skryf van hierdie twee boeke wat die wêreld soos ’n storm getref het. Bob Proctor – een van die bydraers van The Secret en wêreldbekende skrywer en motiveringspreker – meen ook dat hierdie werk deur Wattles as basis dien vir elke stuk werk of seminaar van hom. Dit is ook bekend dat hierdie boek as inspirasie gedien het en steeds dien vir gurus soos Napoleon Hill, Anthony Robbins, en vele meer. In hierdie werk van Wattles is daar tydlose lesse vir die skep van persoonlike rykdom vervat. Deur kort aanvullende notas maak die samesteller dié werk hedendaags relevant en wys ook daardeur hoe meer onlangse navorsing Wattles se teorieë onderskryf. Hierdie boek sal van groot waarde wees vir enige persoon wat The Secret (of Die Geheim) en/of The Power (of Die Krag) gelees het, maar eweneens ook vir enige persoon wat sy/haar lewenssituasie wil verbeter deur die toepassing van die beginsels wat in hierdie kragtige boek beskryf en oorgedra word. |
||
|
|
|||
|
Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za First Floor - 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001 |
|||