------ ------------- ----------------- ----

woorde sonder wysies

Karin Hougaard

Uitgewer: Karin Hougaard

Aanbevole verkoopsprys:
R 230.00

ISBN: 978-0-620-40045-9

Besonderhede:
41 volkleur bladsye - gedruk op 250 gram papier
Ringbind met omvou en oopvou omslag

www.karinhougaard.co.za

Mediablad

KKNK Foto's

WOORDE SONDER WYSIES is ‘n versameling van ongepubliseerde liedtekste – of soos Karin Hougaard self dit beskryf: “woorde wat nooit liedjies geword het nie”. Dis egter nie die eerste keer dat haar lirieke opgeneem is in boekformaat nie. Hougaard se Kruietuin is opgeneem in die voorgeskrewe Graad 11 handboek Piekfyn Afrikaans – as poësie. Met die boek het haar aanhangers die geleentheid om meer van haar tekste onder oë te kry.

Die koffietafel formaat boek sluit ook van Hougaard se skilderye, monodrukke en etse in.

'n Uitsonderlike, persoonlik dog universele Afrikaanstalige woordbundel met illustrasies deur die outeur.

Meer oor Karin Hougaard:

Karin Hougaard is veral bekend as sanger en komponis wat die afgelope 25 jaar reeds ‘n unieke bydrae tot die Suid-Afrikaanse musiekskat gemaak het. Na 9 bekroonde CD ’s uit haar eie pen en verskeie grensverskuiwende musiekteaterproduksies, waaronder Metamorph contemporary Brel & Piaf en Hartstukke, het Karin ongeveer vier jaar gelede die teaterwêreld verras met haar rol in die Herman van Veen eenvrou drama, The First Lady, waarin sy die rol as Jackie Kennedy gespeel het – later volg die teaterstuk Mata Hari. Dit was die begin van talle optredes in Nederland – as aktrise! Maar as dit kom by veelsydigheid bly Hougaard verstom –- haar eerste solo kunsuitstalling vind plaas op 15 Februarie 2008 en saam met dit veskyn haar eerste boek getiteld WOORDE SONDER WYSIES – ‘n woordbundel.



Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za
27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001