![]() |
|||
![]() |
Waar sit jou God ? Om buite die kassie oor God te dink Coenie Nolte |
||
|
Aanbevole Verkoopsprys: ISBN: 978-0-9814036-4-9 Besonderhede: Resensies |
Gedurende die 4de eeu het die Kerkvaders, met voldoende konsensus, God gereduseer om in ‘n bemarkbare boksie te pas, beplak met aantreklike waarheids- en bemarkingsetikette. Oor die daaropvolgende millennia is die kerk se gesag gebruik om ‘n monopolie op “die waarheid” te bekom. Andersdenkendes is met letterlike en figuurlike brandstapels gedwing om die kerk se waarheid te aanvaar of op om die brandstapel te beland. Vandag ken die Westerse beskawing God net in die vorm waarin die Kerkvaders “Hom” vir ons gegiet het. Op 13 November 2003 neem die skrywer se dogter haar eie lewe en, vir hom, sterf die kerk se “God in die boks” saam met haar. Sy god was dood, maar nie sy hunkering na God nie. Hierdie boek beskryf die skrywer se pogings om buite die boks oor die waarheid en God te dink. Het God die brein geskep of het die brein God geskep? Is die mens se hunkering na God oor honderde duisende jare deur die proses van evolusie in sy gene vasgelê? Is God dalk die energie waaruit die hele kosmos, selfs die mens as verdigte energie, ontstaan het en bestaan? Of is God dalk bloot ’n woord in die woordeboek? Is dit beter om te glo as om nie te glo nie? Wat glo jy? Waar sit jou God? In die laaste hoofstuk kom die skrywer tot 'n slotsom, maar kan dit 'n finale insig wees? Of is die soeke na waarheid deel van ‘n deurlopende openbaringsproses . |
||
|
|
|||
|
Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001 |
|||