------ ------------- -----------------

 

Vrou Alleen

Die verhaal van een vrou wat teen 'n magtige koninkryk opgestaan het

Dannelene Noach

RRP:
R145.00

ISBN:
978-0-9814388-5-6

Besonderhede:
174 pp
Sagte band - Demi-grotte

Biografie / Ware verhaal

Beskibaar

bestel aanlyn

Skakels na artikels

Arab News

All Africa

IOL

Alansaar

Netnewspublisher

M&G

Die Burger

Also available on Kalahari.net

Dannelene Noach

In teenstelling met Arabiese sprokies soos dié van ’n Duisend-en-Een Nagte, het Dannelene Noach se lewe in ’n nagmerrie ontaard toe ’n faksie in Saoedi-Arabië haar ontvoer en in die berugte Al Ha’ir-tronk gevange gehou het.

Hierdie boek gee ons ’n kykie op wat duisende Saoedi-Arabiese vroue moet deurmaak, want hulle het geen stem om vir hulle regte te veg nie.

Terwyl sy as ’n verpleegkundige koördineerder in een van die groot, moderne hospitale in Riyadh gewerk het, is Dannelene aangegryp deur die veronregting wat sy moes aanskou. Daar het sy die sielesmart van honderde vroue eerstehands leer ken – vroue wat bloot as besittings beskou word, met geen erkenning van hulle menswaardigheid nie.

Alhoewel dit teen alles in haar ingedruis het, het sy stilgebly, want sy wou nie met ’n ander land se gewoontes inmeng nie. Haar eie situasie het egter soos handomkeer verander toe sy kwaadwillig van duiwelskunste beskuldig is, ’n misdaad wat in Saoedi-Arabië met die dood gestraf word. Dié klein vroutjie het egter bewys dat haar diep godsdienstige opvoeding en onwrikbare geloof talle vorme van foltering kon deurstaan.

Vrou Alleen neem die leser op ’n reis deur lyding en swaarkry, maar onder die oppervlak is daar Dannelene se vurige persoonlikheid wat verhoed het dat sy daardeur verswelg word. Ons leer hoe waardevol vriendskap in moeilike omstandighede is, en wat die volhardende liefde van familie kan beteken.

Dannelene Noach het bewys dat ’n vrou alleen kán oorleef.

Dannelene Noach arriveer in SA na haar nagmerrie in Saoedië-Arabië.

(foto:Die Burger)



Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za
27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001