2
------ ------------- -----------------

Die Vrese van Ons Vaders

Geloof, onderrig en die Afrikanerkind

Hans Pietersen

RRP: R190

ISBN: 978-1-920424-26-8

Besonderhede:
230 mm x 150 mm, 456 pp
Sagteband

Nie-fiksie

Beskikbaar Mei 2011

Hierdie boek handel oor geloof, opvoeding en die Suid-Afrikaanse kind. Dit is ’n goed aangevoerde werk van kritiek oor die vrese van geloof en dogma, wat nog steeds verkeerd (en wederregtelik) afgedwing word op kinders, hoofsaaklik in openbare skole. Die boek plaas ’n nuwe soeklig op die karakter van geloof in die Afrikanerkultuur en die roete wat dit neem.

Onder andere handel die boek oor die karakter van kennis, bygeloof, die nalatenskap van Christelike Nasionale Onderwys, die invloed van post-modernisme en pluralisme, die rol van vrees en onkunde in die Afrikanerkultuur, die invloed van kreasionisme, die reg van die bestaan van geloof en ongeloof, die verwerping van vroue en ontkenning van kinders se regte, en nog baie meer.

Hierdie reguit en soms skerpgevatte teks word ondersteun deur verwysings na ’n reeks bronne en daar word ook deurgaans op die outeur se eie eerstehandse ervarings geleun, insluitend die bekende 2009-debat oor godsdiens in skole.



Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za
First Floor - 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001