![]() |
|||
![]() |
Vegters teen Politieke Boelies Koot Jonker |
||
|
Navrae: info@griffel.co.za Aanbevole verkoopsprys: ISBN:
Algemene besonderhede: Reeds beskikbaar |
In Vegters teen Politieke Boelies vertel Koot Jonker sy eerstehandse ervaring van die wit politieke gebeure in die aanloop ná die ANC bewindsoorname in 1994. Dit is ’n binnekring mededeling van hulle wat weggebreek het van hul eertydse politieke tuiste, die regering van die dag. Hy skryf hoe dit ’n stryd geword het teen ’n regering met hul veiligheidsmagte (NI) en beheer oor die media (byvoorbeeld die destydse SAUK). Volgens die skrywer het die regerende party teen sy onderneming die kiesers van die dag op ’n kritieke oomblik mislei. Dit is die verhaal van ’n broederstryd van meer as tien jaar wat later gewelddadig geword het. Is dit waarvan die skrywer vertel, die soort boelie tegnieke van die apartheidsregering wat Mosiuoa Lekota, van COPE, die ANC van beskuldig? Op ’n persoonlike vlak vertel hy ook hoe Mangosuthu Buthelezi van die IVP, Ferdi Hartzenberg, destydse leier van die KP, in trane gebel het. Ook hoe Nelson Mandela vir Hartzenberg gesê het: “Ek kan sien jy is ’n baie eerbare man.” Moes dit alles anders gewees het? Hierop antwoord die skrywer dat, as belydende Christen, hy glo in die toelatende wil van ’n lewende God. Die skrywer sluit af met verwysing na bekendes soos FW de Klerk en Pik Botha, asook verskeie koerante se ontnugtering oor die huidige stand van sake in Suid-Afrika. Hy is hoopvol vir die toekoms en kom tot die gevolgtrekking dat patriotisme (eietrots) onder miljoene swartes, bruines, wittes en Indiërs ’n beter Suid-Afrika tot gevolg kan hê. |
||
|
|
|||
|
Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za First Floor - 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001 |
|||