![]() |
|||
![]() |
Praat-praat in Tamatiestraat Humor met Hennie van Deventer |
||
|
RRP: R160 ISBN: 978-1920424-03-3 Besonderhede: Humor Status: Beskikbaar Bestel deur:
|
‘n Arme drommel wil ‘n einde maak aan alles – toe word sy “sterfbed” onder hom uit gekaap. Ouma se rooi nagrok verdwyn geheimsinnig uit die outehuis op romantiese uitstappies. ‘n Entoesiastiese dame sonder ‘n draad storm met ‘n oorlogskreet op haar lippe swembad toe – en ontdek, tot in haar siel geskok, ‘n onverwagte toeskouer. Hennie van Deventer se plesierige storiebundel weerspieël allerlei verleenthede, skades en skandes wat hy in sy kleurryke omswerwinge slagoffers sien en hoor oorkom het, of, helaas, self oorgekom het. Met die fyn oor van die joernalis het hy ‘n ryke storie-oes opgebou. In Praat-praat in Tamatiestraat is letterlik honderde stories met ‘n vaardige pen verewig – eg of apokrief, en plek-plek met meer as net ‘n knippie stout! Sy wye repertoire huppel ligvoets oor ‘n 70-stuks kostelike hoofstukke. ‘n Legio vrugbare temas word ontgin: die stuitighede by begrafnisse; die vuur en avontuur van opwindende laat liefdes; krom en skewe kommunikasie; dikvellige kuiergaste; mediese moleste, betjoinste boetebessies … noem maar op. In sy vyftiende boek keer Van Deventer met ‘n uitbundige knal terug tot sy oorspronklike forte: humor. Treffer-lagboeke soos Scoops en Skandes, Flaters en Kraters en Oos, Wes – Reismoles! vind in Tamatiestraat ‘n waardige stalmaat. Die grimmigste suurknol sal sukkel om nie plek-plek hardop te lag nie vir hierdie bundel – van die vermaaklikste wat Afrikaanse boekrakke in ‘n lang tyd tref. Tamatiestraat kan met vrymoedigheid in die hand gestop word van elkeen met die behoefte om ‘n paar sorgvrye ure aan die alledaagse sleur te ontsnap. |
||
|
|
|||
|
Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za First Floor - 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001 |
|||