![]() |
|||
![]() |
Storm Sevenster 'n Roman Wessel Pretorius |
||
|
RRP: R160 ISBN: 978-1-874969-16-7 Besonderhede: 230 mm x 148 mm, 128 pp, Sagteband Bestel deur: Status: Beskikbaar
|
Storm Sevenster is deur Perskor in 1984 gepubliseer. Hierdie eertydse uitgewer – Perverskor – soos Pretorius dit noem, wou hierdie roman op aanbeveling van drie beoordelaars publiseer, maar sommige lede van die raad het die publikasie as te riskant beskou. Perskor het Storm Sevenster inderdaad uiteindelik gepubliseer, maar volgens die kontrak was hulle onder geen verpligting om die boek te bemark en versprei nie. Daarom is hierdie publikasie nooit kommersieel beskikbaar gestel nie. Wessel Pretorius het reeds 11 antologieë van digkuns die lig laat sien: Maat van die onbekende (Tafelberg, 1970); Woorde vir ’n windharp (Perskor, 1974); Nuwe wêreld (Perskor, 1974); Laatnagvrese, met etse deur Braam Kruger (Beperkte privaatuitgawe, 1976); Laatnagvrese & ander verse (Tafelberg, 1979); Ruimte-ark-kolonie (Perskor, 1980); Katarak (Perskor, 1989); Die seep kraak in die gastekamer, met etse deur Annette Pretorius (Bent Publishers, 1999); Jy kan skoenlappers sien aankom, met etse deur Annette Pretorius (Bent Publishers, 2001); En kyk na die omowit engele op die rolbalbaan (Protea, 2003) and My selfoon is in my hand (Morris, 2009). Hy skryf ook ’n speelstuk saam met Johan van Wyk. Oudisie om die einde van die aarde te verhoed was opgevoer in die Mark- en Staatsteater in die tagtigs. Wessel Pretorius bly in eShowe, hoofstad van Zululand. Hy werk as hoofingenieur by the Departement van Vervoer. |
||
|
|
|||
|
Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za First Floor - 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001 |
|||