![]() |
|||
![]() |
So jy dink jy wil 'n ster wees? Die waarheid en ander liegstories Die verhaal van Louis van Wyk - Musiekpromotor en kunstenaarbestuurder Geskryf deur Carel F. Cronjé |
||
|
Kontak boekhandelaars Aanbevole Verkoopsprys: ISBN: 978-0-9814177-0-7 Besonderhede: Navrae: Skakels: Bestel kontaknommers: 0861 668 368 of 021 918 8811 Faks: 021 918 8888 E-pos: direct.sales@onthedot.co.za of aanlyn
|
Koop hierdie boek saam met Die ponies galop en spaar R87. Bestel hier In hierdie omstrede outobiografie van een van die land se grootste muskiekpromotors word die leser op ’n fassinerende toer geneem. Alhoewel die oorkoepelende tema die lewensverhaal van Louis van Wyk is, met veral die fokus op die seksuele teisterings- en verkragtingsbeskuldigings teen hom, is die verhaal pragtig verweef met juweelstaaltjies uit die vermaakbedryf oor die afgelope paar dekades. Dit vertel die boeiende verhaal van ’n eens flambojante platejoggie wat later name soos Patricia Lewis, Pierre de Charmoy, Mango Groove, Steve Hofmeyr, Leon Schuster, Danie Niehaus, Karin Hougaard, Kurt Darren, Sunette Bridges, Pieter Koen, Nádine, André Schwartz, Johannes Kerkorrel, Mike Schutte, Bok van Blerk en Candice Hildebrand sou bestuur, en wat ook internasionale groepe soos Bad Boys Blue, Bonnie Tyler, Smokie, A-ha, Deep Purple, Electric Light Orchestra, The Hollies in die land laat optree het. Die vertel egter ook ’n baie menslike lewensverhaal. Dit sny vlymskerp tot op die been van menslike behoefte en feilbaarheid. Louis van Wyk staan eerlik, onbeskaamd en gestroop voor die leser en deel pynlike grepe uit sy lewensverhaal met die leser. Daarin is daar soveel waarmee die leser sal mee kan identifiseer; die leser word egter met ‘n oop na-lees-opiniekeuse gelaat. Dit is ’n boek wat wonderlikmooi deur Carel F Cronjé geskryf is, en wat beslis nie neergesit kan word nie. _______________________________________________________________ • Lees oor die bekgevegte agter die skerms van die Groot Vyf- en die Sewe Wonders-toere. Wie was aan wie se kant en wie kon mekaar nie uitstaan nie? Wat het Ferdinand Rabie alles op toer aangevang? Wie het moontlik ogies op wie gehad? • Vind uit wat die Campbells oor Steve Hofmeyr te sê gehad het, asook wat Patricia Lewis die Campbells in ’n rusie toegesnou het. Sien die kwaai blonde vrou in Patricia Lewis in aksie. • Kom te weet van Leon Schuster se vrese voor konserte en al die poetse wat hy mense gebak het (en ander hom bebak het). • Veronderstel hoe dit kan wees om in ’n verhouding en huwelik te wees met Sunette Bridges. Laat Louis self vertel. Lees ook meer oor haar verhouding met Skip van Jaarsveld. • Lees die volle appéluitspraak waarin Louis onskuldig bevind is aan verkragting. Daarin is daar straks lesse opgesluit vir vroue wat mans opportunisties van verkragting beskuldig of aankla.. • Volg die loopbaan van ’n ‘arm jong man met lang blonde hare’ wat later as Steve Hofmeyr die land aan sy voete sou hê. Lees ook oor die lang ‘bloedbroers’-pad wat Steve en Louis gestap het en oor die veelbesproke onlangse breuk tussen die twee groot figure in vermaakbedryf. • Met wie in die bedryf het van Wyk werklik verhoudings mee gehad en met wie nie? • Vind uit wie is waarlik wie (agter hul maskers) in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf. __________________________________________________________________ Lesersterugvoer Dear Mr Van Wyk, I recently read your book So jy dink jy wil ‘n ster wees I would like to let you know that your book really was well justified after all the negative publicity you and your family had to endure. The public always tends to imagine that artists are compassionate people, but your gracious interpretation of your experience with their genuine characters was astounding! In your book I could identify with your distress, heartbreak and your yearning for affection. As you acknowledged in your book, mistakes were made by yourself. Well Louis – you’re also just a human being! As for artists like Patricia Lewis, Nedine Blom and the rest of the WAWA – preposterous!! As for Steve Hofmeyer – as predicted his immoral actions are evolving one by one… Your heartache has passed! I want to wish you and your family prosperity for the future, you deserve it after all the wrongful accusations against you. Thank you very much for a pleasurable book!! ___________ Ek het jou boek so ruk terug gekoop, en kon hom nie neersit nie. Het hom binne twee dae gelees. 'n Leser ___________ Het gister jou boek gekoop ( uit nuuskierigheid) en kon dit nie een oomblik neersit nie. Uitstekend!!! Ek het 'n gesegde ... As jy nie saam met daai ou slaap en saam daai ou drink en saam daai ou skinder nie ... dan kom jy nerens in die musiekbedryf nie (seker hoekom ek nie so vinnig die leer klim as wat ek graag wil nie). Ek moet bieg - ek het nie veel ooghare vir jou gehad nie, maar na die boek het ek moerse respek vir jou gekry. Sterkte met alles wat jy nog mag aanpak en jy's 'n voorbeeld van aanhouer wen vir BAIE in die bedryf. Mooi Wense 'n Kunstenaar ___________ Middag - Jou boek is fantasties - jy was eerlik en opreg en ek het ook soveel meer geleer oor jou bedryf … en ... wie Louis van Wyk nou eintlik is ... As ek eendag n keuse sou moes maak - ja - my seun kan enige tyd onder jou vlerke wees ... Met Onse Vader wat jou lei sal jy altyd n sukses wees. 'n Leser Groete ___________ "Weereen “job welldone by King Louis”. Ek het jou boek vreeslik geniet en weereens besef ons is almal “masters” op ‘n gebied, jou sterlys getuig daarvan, jou vriende keuses is egter ander saak.Opregte sterkte vir die toekoms en die eise wat jou beroep aan jou stel. ___________ Ek hoop jy vat tyd om hierdie boodskap te lees … ek het reeds jou boek klaar gelees, en wil vir jou sê 100% reg King Louis!!!! 'n Leser ___________ Ek weet nie eens of die e-pos ooit by jou gaan uitkom nie, maar ek gaan nietemin probeer. Hierdie e-pos is eintlik al lankal ‘overdue’ – ek het jou op Kwêla een aand gesien, maar na die naweek voel ek net ek moet die vlg vir jou sê. Heel eerste, ek is net een van die gewone publiek – niks ‘glitz and glamour ‘ nie. Ek het jou boek gelees en ek is so bly jy het jou kant gestel. Ek ken jou nie- ek weet wie jy is, maar my eerste reaksie op al die media-berigte was in elk geval dat dit ’n pot strooi is!! My afleiding was dat jy ’n middel tot ’n doel was vir sommige ‘dames’. ( Nou luister ek eers nog minder na sommiges se musiek!!) Toevallig gesien jy het die 5de Oktober verjaar – bietjie laat, maar mag hierdie jaar jou beste ooit wees!! Alles wat mooi en onthou, tussen die gesigloses is daar mense wat dit met ’n sak sout geneem het. 'n Leser ___________ Beste Louis
Ek het gister jou boek by die CNA gekoop, en kon dit nie neersit voor ek klaar gelees het nie! Ek het vanoggend die behoefte om my gevoelens met jou te deel.
Ek wil graag hê jy moet weet nie almal het jou veroordeel en gebrandmerk nie. Ek ken jou nie en ook nie een van jou klaagsters nie, ek is een van die mense wat die koerantberigte oor jou gelees het en het selfs toe al gedink al die aantuigings is net 'n bietjie te dik vir 'n daler! Om met 'sterre' te werk kan nie aldag maklik wees nie. Weet net dat die SA publiek nie onomwonde glo wat hulle in koerante lees nie. Ek wens ek kon daardie tyd vir jou laat weet, en miskien sou jy vir 'n oomblik beter gevoel het, ons het nie almal jou gelabel nie.
Hou jou kop hoog, jy het niks om oor skaam te wees nie. Ons is almal net mense en maak soms foute. Jy het, en gaan nog, so veel vir ons muskiekbedryf beteken en ek glo nie die sterre wat jy gemaak het gee jou altyd genoeg herkenning daarvoor nie.
Dankie vir 'n lekker lees, ek het dit geweldig baie geniet! 'n Leser |
||
|
|
|||
|
Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001 |
|||