![]() |
|||
![]() |
Sonja Geskryf deur Carel F. Cronjé |
||
|
Uitgewer: Son Music Aanbevole Verkoopsprys: ISBN: 978-0-620-38059-1 Besonderhede: Verwante skakels: Mediablad - Lees meer oor die boek Media Kit - Read more about the book |
Die Meisie van Nigel is ’n plakboek, ’n movie eintlik, van Sonja Herholdt se lewe. Sonja glo dit plaas haar lewe van die afgelope 30 jaar in perspektief. “As mense met my lewensverhaal kan identifiseer, glo ek dat dit genesing en hoop kan bring.” Of die lewe nou met jou gebeur of nie, dit is somtyds maar moeilik. Die lewe van Sonja Herholdt, sangeres, enkelouer en ma van ’n gestremde kind, vriendin en sakevrou, is eintlik niks meer of minder as enige ander Suid-Afrikaanse vrou nie. Dit is die verhaal van ’n vrou wat ’n lewe probeer maak te midde van terugslae, teleurstellings, hartseer maar ook vreugde en groot sukses. Dit is ’n boek vol waarhede en wyshede geskryf deur Carel F, Cronjé, iemand wat as skrywer van haar liedjies sedert 'Reconstructing Alice', so naby aan Sonja gekom het om die vrou in haar te kan verstaan. Dit leer mens dat jy kan kies om jou omstandighede te hanteer, dit te oorkom en daaruit te leer of jy kan kies om nie meer te voel nie, nie meer om te gee nie en ook om nie meer te leef nie, maar net te bestaan sonder enige hoop in die moontlikhede wat die toekoms kan bied. Te midde van groot suksesse, wat insluit niks minder nie as agt Saries, die Papillon Rising Star Award as een van die agt top vroue in Suid-Afrika wat sukses behaal het, ’n Erkentlikheidstoekenning van die Afrikaanse Sakekamer van Pretoria en ’n optrede voor die Amerikaanse president, beleef sy ook intense laagtepunte wat insluit ’n aborsie, ’n man wat regdeur hul huwelik openlike verhoudings met ander vroue gehad het en ook ’n kind by ’n ander vrou gehad het, ’n ernstige motorongeluk, ’n kind wat op twee jaar doof word, selfsekwestrasie en die ewige media, wat deur die jare positief en ook baie negatief oor haar berig het. Die verhaal is in heerlike storie-vorm geskryf, vertel in die eerste persoon en die groot sorg aan detail van gesprekke en gebeurlikhede is ‘n aangename verrassing. Die Meisie van Nigel is nie net vir diegene wat in 1978 daar was om haar eerste treffer saam met haar te geniet nie. Dit is vir elkeen wat in die lewe van ’n celebrity belangstel. Suid-Afrika het nog min ware divas gehad – Sonja Herholdt was voorwaar een van ons bestes. Geniet hierdie openhartige, erg eerlike weergawe van ’n ware Afrikoon. |
||
|
|
|||
|
Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001 |
|||