------ ------------- -----------------

Agter die somber gordyn

Johannes Bertus de Villiers

Beskikbaar Jan/Feb 2011, meer besonderhede sal dan verskaf word

RRP: R250

ISBN: 978-1920424-20-6

Besonderhede:
230 mm x 150 mm, 352 pp
Sagteband

Nie-fiksie

Beskikbaar: Feb 2011

 

 

In die 1870’s het ’n Afrikaanse predikant geskryf hoe geeste in ’n woonhuis in Kaapstad van ’n man besit geneem en hom by die venster laat uitsweef het. In die vroeë 20ste eeu het ’n groep Afrikaanse mans op die dorp Vryburg bymekaargekom om die geeste van afgestorwenes oor die komende Nuwe Era te ondervra. In die 1950’s het studente op Stellenbosch aan huis van ’n predikantsweduwee vergader om in die donker geeste op te roep.

In Agter die Somber Gordyn onthul Johannes Bertus de Villiers hoogs interessante en selfs skokkende navorsingsresultate oor ’n vergete subkultuur van Afrikaanse mense wat landwyd in groepies vergader het om deur tafelkloppery en glasie-glasie met dooies kontak te maak. In hulle geledere was digters, politici, wetenskaplikes, predikante, huisvrouens en selfs ’n Boeregeneraal.

Talle van dié mense het hul eerstehandse ervarings van dodebeswering in joernale neergeskryf wat hier vir die eerste keer wyd bekend gemaak word. Lesers sal vasgenael sit by die lees van die talle anekdotes (van lagwekkend tot dié wat selfs skeptici sal laat wonder), maar ook deurgaans respek hê vir die skrywer se nugter aanbieding.

Opspraakwekkende leesgenot.



Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za
First Floor - 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001