------ ------------- -----------------

Saam op soek na God

Soeke na 'n eietydse spiritualiteit

Abel Pienaar

RRP: R120

ISBN: 978-1-920424-08-4

Besonderhede:
200 mm x 130 mm, 105 pp
Sagteband

Nie-fiksie / Godsdienstig

Bestel deur:

SES-resensie


Vandag is baie Suid-Afrikaners, wat in die Christelike tradisie grootgeword het, besig om afskeid te neem van die dogmas wat aan hulle as die absolute waarheid voorgehou is. Wat dink hierdie mense? Hoe voel hulle? Wat glo hulle? Wat is hulle ervaringe?

In die boek Saam op soek na God – Soeke na ’n eietydse spiritualiteit voer Abel Pienaar gesprekke oor hierdie lewensvrae met onder andere ’n joernalis, ’n teoloog, ’n student, ’n natuurwetenskaplike en ’n huisvrou. Gewone mense soos ek en jy wat vrae het soos ek en jy.

Pienaar vertel van sy eie vrese vir verwerping nadat dit bekend geword het dat hy uit die NG Kerk gaan bedank en van die uiteenlopende reaksies wat hy daarop ontvang het:

“Ons is baie bly om te lees dat nog iemand (vernaamlik ’n NG-predikant) die moed gehad het om eerlik en opreg na hierdie ding
van godsdiens te kyk.”

“Wie dink jy is jy!!!!! God sal jou hiervoor straf, jy kan dankbaar wees daar is nie meer iets soos stenigings of brandstapels nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Ek hoop jy kry niemand vir berading OOIT nie, want hierdie snert sal mense nie help nie … net verder op die pad na die hel stuur!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!”

In gemaklike styl en taal probeer die skrywer nie die leser oortuig nie maar is die boek eerder ’n tweegesprek met die leser. Hierdie spirituele besinnende gesprekke, is bevrydend vir hulle wat eerlike vrae vra in hul soeke na God.

“Die Christelike geloof is mooi en ek is ’n volgeling van Jesus. Mense wat Christene is, moet Christene bly, maar daar is nie net die Christelike geloof nie. God is groter as een spesifieke geloof.”

Dr Abel Pienaar is ’n voormalige predikant in die NG Kerk. Hy was deel van die stigting van Kruiskerk Gauteng in 2005 en word deel van die Renaissance gemeente in 2006. Hy is direkteur vir die Sentrum van Eietydse Spiritualiteit en het sy doktoraal in filosofie voltooi met spiritualiteit as tema. Verder is Abel ’n gekwalifiseerde Inner Awareness Therapist en praktiseer as berader sedert 2004. Hy is ook ’n Tai Chi-meester en bied klasse aan in Tai Chi en meditasie.



Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za
First Floor - 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001