![]() |
|||
![]() |
Pomp Saamgestel deur Griffel Media |
||
|
Bestel Pomp op:
|
Lees meer oor: Besoek gerus: Hierdie opwindende nuwe titel in die Afrikaanse mark stel Suid-Afrikaners bekend aan die konsep van ‘n uitsonderlike kuns- en kultuurjoernaal. Pomp is ‘n stylvolle, lewendige en polsende publikasie wat die kunste in Afrikaans vier. Dit verleen ‘n wegbreek vir die ondersoekende gees, en stel ten toon die beste wat Suid-Afrika het om te bied in kuns en kunstenaars. Hierdeur word neigings en tendense bekend gestel en word jong toonaangeërs gelanseer. Die visueel-prikkelende inhoud bestaan uit uitnemende foto-joernalistieke elemente en ondersteun daardeur die gesaghebbende seksionele snit wat dit maak deur die verskillende genres van die Suid-Afrikaanse kuns- en kultuurlandskap: skone kuns, fotografie, beeldhouwerk, argitektuur, leefstyl, reis, kos en wyn en vele meer. Terugvoer “Die pragtige boek wat uitgegee is, is enig in Afrikaans. En plesierig. Soos Afrikaners. Maar nie elitisties soos Afrikaanse publikasies in hierdie trant altyd was nie. Dis nie akademies nie, maar dis verskriklik slim. Slim soos in anders dink en kyk en heilige koeie by shopping centres uitmekaar haal. Want dis nie "anders" soos in my traitors heart nie. Dit is net. Ek het so lekker gekyk, stukkies gelees oor al die onderwerpe wat vir my ter sake en inspirerend is en die onbevange Afrikaansheid opgetel voordat ek nog vinnig deur die gewigtige voorwoord gelees het. Ek gaan vir myself 'n kopie koop en dit vir almal wys wat kom kuier en binnekort sal daar 'n teekoppie-ring of 'n nat wynglas-watermerk op die voorblad wees. Die tweede hoogste roeping van die boek: om so rondom gekuier en oor gepraat te word - dis nie heilig nie. maar hierdie een is spiritueel op baie plekke.” (Redaksielid van 'n bekende tydskrif) Kalahari Boeke beskryf POMP as: Kontemporêr. Visueel gedrewe. 'n Aanwins vir jou intellek én koffietafel. 'n Über-stylvolle publikasie wat 'n grenslose reeks onderwerpe dek, onder andere Argitektuur, Film, Kuns, Letterkunde, Musiek en blaaie meer.” Ander leser noem: “Wow, sjoe, ongelooflik, wat se woorde kan ek nog uitdink. BAIE GELUK. Ek en ‘n vriend het dit juis vanoggend oor breakfast sit en bespreek. UITEINDELIK is daar ‘n goed ontwerpte boek wat internasionaal lyk soos BAIE van ons Afrikaans sprekendes praat en dink, maar net nooit in publikasie vorm sien nie.” Nog van die terugvoer: “Dit lê langs my bed en gaan my die heel jaar besig hou.” “Ek moet die huis deursoek vir Pomp, dan het iemand dit gelos in die kombuis, of sitkamer of toilet of eetkamer.” “Dit is die eerste Afrikaanse boek in jare wat ek koop.” ’n Bekende skrywer stuur ’n sms: “Julle pomp goed.” 'n Ander een sms: “Pomp is so lekker ek wil dit eet en wens ek hoef nooit weer toilet toe te gaan nie.” Iemand vertel van twee Franse besoekers, wat nie ’n woord Afrikaans verstaan nie, wat elkeen met ‘n Pomp terug is “want dit is die beste toonstuk van Suid-Afrika om vir die mense by die huis te gaan wys”. ’n Vrou van Duitsland sê sy sal die Afrikaans ontsyfer want dit is so verteenwoordigend van Suid-Afrikaanse kuns, sy moet dit hê. ‘n Xhosa kennis laat weet: “Dana se fietspomp rock! Ek het al vergeet van die lekker ritme in Afrikaans.” |
||
|
|
|||
|
Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001 |
|||