![]() |
|||
![]() |
Passie & Spasie Lewe in die gesin Julian Müller |
||
|
RRP: R120 ISBN: 978-0-9814177-8-3 Besonderhede: Beskikbaar |
Hoeveel mense is daar sonder enige gesinsverband? Iemand sonder ’n lewensmaat of kind, pa of ma, broer of suster, swaer of skoonsuster? Een met geen gesin nie? In Passie en spasie: Lewe in die gesin verken Julian Müller die verhouding tussen individue in verskeie soorte gesinne. In sy kenmerkend nie-veroordelende styl kyk hy vanuit ’n Christelike tradisie na die werklikheid waarin ons leef – nie ’n idealistiese storieboekprentjie nie. Hy: • praat reguit oor die afstand wat tussen ouers en kinders kan ontwikkel Passie en spasie is vir oud en jonk: hulle wat beplan om saam huis op te sit, maar ook hulle wat lankal grys is en voel hulle is van hulle gesin verlate. Dit handel in wese oor die gesin as daardie unieke ruimte waarin jy passie kan uitleef, maar waarin daar ook spasie is om self te ontwikkel – en ander te laat ontwikkel. Die skrywer bied hierdie unieke ontwikkeling, oftewel differensiasie, as die kern van ’n gelukkige, gesonde verhouding tussen individue in enige gesin. Julian Müller is professor in Teologie aan UP en een van die bekendste Afrikaanse Christelike skrywers. Sy boek, Die erediens as fees, het die Andrew Murray Prys vir godsdienstige literatuur ontvang. Hy bied ook kursusse in gesinsterapie aan en lewer pastorale dienste. Besoek gerus www.julianmuller.co.za vir meer besonderhede. |
||
|
|
|||
|
Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za First Floor - 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001 |
|||