------ ------------- -----------------

Oortrapklippe

52 vastrapplekke uit die immergroen evangelie van Jesus Christus

Pieter Bingle

Beskikbaar Junie 2011, meer besonderhede sal dan verskaf word

RRP: R160

ISBN: 978-1-920424-22-0

Besonderhede:
230 mm x 150 mm, 256 pp
Sagteband

Godsdiens / Spiritualiteit

 

 

Hierdie publikasie van Pieter Bingle voorsien in ’n groter groeiende behoefte onder veral volwasse gelowiges. Hy praat padlangs oor die Christelike geloof, maar stap ook met hulle saam en wys waar die “oortrapklippe” is om veilig deur die stroomversnellings van ons tyd te kom. Bingle bied aan ’n soekende gelowige opnuut vastrapplek in die wêreld deur betroubare bakens uit die evangelie van Jesus Christus uit te wys.

Die skrywer is welbekend in Suid-Afrikaanse gereformeerde kringe as leierfiguur en persoonlike pastor vir politici, onder meer mnr. FW de Klerk met wie hy ’n besondere verstandhouding het. (FW de Klerk bring in ’n voorwoord hulde as lidmaat wat baie jare lank Pieter Bingle se prediking kon ervaar asook sy kreatiewe aanwending van die Afrikaanse taal om God se Woord te ontsluit en tuis te bring.)

In Oortrapklippe kry die leser dus ’n bundel met ’n hartlike handevat om saam die aangepakte bakens van die geloof wat in ons tyd toegemos het, skoon te skraap en opnuut te benut as veilige staanplekke en stewige steunpunte vir geloof wat hier en nou en in die sake van elke dag die pad met God loop. Bingle se uiteindelike uitwerking is om, met sy woordtoer, die leser te laat nadink, soos deur ’n verwonderde lidmaat verwoord: “Hy noop ons tot sinvolle nadenke oor ’n wye verskeidenheid van onderwerpe wat enersyds vir almal aktueel is en wat ons andersins geneig is om te verwaarloos in die gejaagdheid van die moderne lewe” (FW de Klerk).



Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za
First Floor - 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001