![]() |
|||
![]() |
NLP: Ontsluit die briljantheid in jou Jorgan Harris |
||
|
Beskikbaar Jan/Feb 2011, meer besonderhede sal dan verskaf word RRP: R225 ISBN: 978-1-920424-04-6 Besonderhede: Self-help Beskikbaar: Feb/Mrt 2011
|
Neuro-Linguistiese Programmering (NLP) is ’n ongelooflike kragtige stuk gereedskap wat jou in staat stel om die strukture van menslike kommunikasie en uitnemendheid te ontsluit. Deur dít te doen, kan mense meer effektief dink, kommunikeer en hulleself, en ander, beter bestuur. NLP ontdek die verhouding tussen hoe ons dink (neuro), hoe ons kommunikeer (linguisties) en ons gedragspatrone en emosies (programme). Deur hierdie verhoudings te bestudeer en daardeur te leer, kan mense effektiewelik verander hoe hulle tradisioneel dink en optree, deurdat nuwe, meer suksesvolle lewensmodelle aangeneem word. In kort, NLP is ’n kragtige teweegbringer van veranderings wat ’n positiewe impak het op die manier waarop mense dink en optree, en kan uitsonderlike persoonlike en professionele resultate teweegbring. Dit is daarom dat NLP een van die beste apparate is om te gebruik in besigheidsbestuur, sielkunde, sport, opleiding, afrigting en ander vorme van persoonlike ontwikkeling. In hierdie eerste Afrikaanse boek oor NLP bring Jorgan Harris dié populêre wetenskap na die leser in ’n gemaklike en praktiese styl. Harris is ’n opgeleide, professionele en praktiserende sielkundige met ’n spesiale belangstelling in NLP. |
||
|
|
|||
|
Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za First Floor - 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001 |
|||