![]() |
|||
![]() |
Mosaïek van menslikheid Johan Jooste |
||
|
RRP: R120 ISBN: 978-1-920424-03-9 Besonderhede: Etiek / Godsdiens / Spiritualiteit Beskikbaar Julie 2011 Bestel deur:
|
Die Barmhartige Samaritaan is seker een van die bekendste gelykenisse wat Jesus vertel in die Bybel en meeste lesers is bekend daarmee. Maar min is egter bewus daarvan dat dit ook die titel en tema is van een van Vincent van Gogh se laaste skilderye. Op hierdie doek het Van Gogh sy lewe oopgeknoop en sy siel op palet geprent. Sodoende ontbloot hy die rou lewensvrae wat in baie mense se harte saamklink. Toe Jesus trompop oor medemenslikheid gevra is, het Hy sy siening met hierdie vertelde kunswerk geillustreer. Die gelykenis daag jou uit om jou verbeelding te gebruik en verras te word, veral oor jou medemens. Van Gogh het die uitdaging aanvaar en die skildery bring die verweefde mosaïek van menslikheid na vore. Die kyker of leser word deurgaans betrek: Voltooi die boodskap van die skildery (en gelykenis) in jou eie lewe … Hierdie bundel leesstukke gaan nie net daaroor om ’n klassieke meesterstuk te bewonder nie, maar om’t as ’t ware in die skildery te klim en die Samaritaan te ontmoet. So word die leser ’n medereisiger in ’n geloofsreis wat hom of haar uitbring by die dieper lewensvraag: Wie gaan jy toelaat om jou medemens te wees? Wat maak hierdie boek spesiaal? Dit is ’n unieke weergawe van die mens se diepste lewensvrae soos deur Vincent van Gogh geskilder. Die soeke na medemenslikheid en die eensaamheid van ons tyd word Die temas van misdaad, ontworteldes, randfigure en etniese suiwering Johan Jooste het teologie gestudeer aan die Universiteite van Pretoria, UNISA en Tübingen in Duitsland, met Dogmatiek en Etiek as spesialisasieveld. Daarna was hy leraar in ’n paar gemeentes, dosent |
||
|
|
|||
|
Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za First Floor - 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001 |
|||