|
RRP: R50
ISBN:
977-20798440-0-7
Besonderhede:
A4
72 pp
Gratis CD van Pieter van Wyk de Vries ingesluit
Status: Beskikbaar
Lees meer
|
OPWINDENDE AFRIKAANSE TYDSKRIF
Eerlik en reguit sonder enige pretensie. Dit is die aanslag van Lyne, ‘n splinternuwe tydskrif.
‘n Nuwe uitgawe van Lyne sal met die aanbreek van elke nuwe seisoen op die rak wees. Lyne, onder redaksie van Liani Maré, bevat eerlike artikels oor ‘n verskeidenheid onderwerpe om aanklank te vind by die wye belangstellingsveld van die teikenmark.
In die tydskrif kan jy meer kan lees oor reis, kuns, kos, leefstyl- en aktuele sake. Daar is ook deurdagte resensies en onderhoude met ‘n verskeidenheid mense – sommiges bekend en ander minder bekend. Mettertyd gaan jy ook meer blootgestel word aan die werk van bekende sowel as opkomende skrywers.
Lyne wil nie resepmatig wees nie. Die vars aanslag gaan jou laat wonder wat volgende kom.
Die inhoud is subjektief en word nie aangebied om ‘n groter ideologie van buite te verteenwoordig nie. En dit is waar die sterkte van Lyne lê. Ons glo daar is ‘n gaping in die tydskrifmark vir ‘n meer subjektiewe aanslag.
In die huidige ekonomiese klimaat is daar dwang op die publikasiebedryf om aan te pas by die verwagtinge van ‘n spesifieke groep lesers en die manier hoe adverteerders hulle produkte aanbied.
Ons teikenmark is skeptiese, skeppende en onkonvensionele mense wat hopelik op soek is na ‘n publikasie wat nie doekies omdraai nie.
Ons besef dat sommige lyne, hetsy dit gaan oor idees of opvattings oor hoe om jou lewe te verander, mekaar kruis terwyl ander parallel loop. Ons verwag van ons lesers om van ons te verskil terwille van ‘n debat of twee.
Lyne bied meesleurende joernalistiek oor ‘n wye spektrum onderwerpe wat ondersteun word deur die ryk visuele ontwerp. Lyne beloof om jou emosioneel te raak, jou te laat lag, iets te gee om aan te herkou en dalk laat dit jou selfs dink.
|