![]() |
|||
|
My Joernaal van Seënwense Louis Wilsenach |
|||
|
Spesiale handelsprys: ISBN:
Algemene besonderhede: Navrae: Bestel aanlyn of by Kalahari.net Engelse weergawe eers later in 2009 beskikbaar |
My eie Hoekom hierdie Joernaal ? ... en hoekom nou? Ons lewe vandag in die mees kompeterende tydvak van alle tye, en vandag se kind staan voor allemintige uitdagings. Baie kinders word groot met enkelouers, en dikwels werk beide ouers. Dit is eensame kinderdae. In hierdie internetgedrewe tyd, is jou kind net een klik weg van fantastiese inligting, groot pret en ja, ongelukkig ... duiwelstreke! Dit is gevaarlike tye om in groot te word. Die wêreld bied wonderlike geleenthede, maar terselfdertyd is dit vol lelike slagysters. Dit is beide die beste én die slegste tyd om kind te wees. Ouers en opvoeders is deeglik bewus van al die uitdagings wat vandag se kind in die gesig staar. Daarom is hierdie Joernaal die regte instrument om nóú in hul hande te plaas. Hierdie Joernaal met sy Beloftes, Gebede, Seëninge en Seënwense sal jou kind veilig na sy bestemming lei. Dit is interessant en interaktief. Dit is pret en propvol moontlikhede. ___________________________________________________________ “Hierdie gids is 'n skatkis vol kosbare waarhede! Dit gaan kinders help om hul innerlike waardes te ontdek, en hul toekomsdrome te ontsluit. Amaste!” Dr Johan Geyser - Uitvoerende Pastoor, Mosaïek Gemeenskapskerk “Louis Wilsenach het vir ons 'n Joernaal van Seënwense geskep in al die kleure van geluk en voorspoed ... 'n reistog na 'n vervulde lewe langs 'n weg vol seëninge en goeie wense ...” Johann Redelinghuys - Voorsitter Heidrick & Struggles “Wat 'n opwindende reisjoernaal! Mag al die ouers van oor die hele wêreld dit aangryp en vir hulle kleingoed aanskaf. Hierdie Joernaal gaan van ons kinders wenners, sterre en leiers maak ...” Ymile Kennedy - Motiverende Spreker “God het 'n heerlike storieverteller in Louis Wilsenach geskep! Dank die Heer daarvoor.” Mosotho Moepya - Ondervoorsitter / SA Verkiesingsraad ___________________________________________________________________________________ Lesersterugvoer Louis, Dit was gister my oudste kleindogter se eerste skooldag. Ek het die vorige aand jou boekie deurgewerk, dit na aan die gemoed beleef en oorgeloop! by die oë. Ek het dit gisteroggend vir haar en haar mamma gegee en voel opgewonde dat dit verseker ’n padkaart Gaan voort met die goeie werk. Immers, dit is tog die sosiale en moreel-etiese argitektuur wat uiteindelik sal saak maak. Inderdaad ons loop graag saam. Prof Johan Coetzee |
||
|
|
|||
|
Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001 |
|||