------ ------------- -----------------

Jesus van Nasaret

Enkele perspektiewe

Sakkie Spangenberg

RRP: R220

bestel aanlyn

ISBN: 978-0-9814388-9-4

Besonderhede:
389 pp
Sagteband

Nie-fiksie / Godsdienstig

Status: Beskikbaar

Bestel direk via On the Dot

Resensies

TEO

Johann Symington

Amie van Wyk

Gerrit Brand

Hans Moolman

Johann Boshoff

Christina Landman

At van Wyk - Beeld

Mariëtte Postma - Sarie

Johannes de Villiers - Rapport

Landwyd beskikbaar by goeie boekwinkels

Ook beskikbaar op Kalahari.net

In Jesus van Nasaret stel Sakkie Spangenberg die leser bekend aan ’n handvol perspektiewe op Jesus. Dit begin by sy eie verhaal van kennismaking met ’n Kinderbybelperspektief. Hy vervolg met ’n Sondagskool- en ’n Katkisasie-perspektief voordat hy die meesterverhaal van die Westerse Christendom onder die loep neem. Hierdie perspektief is grootliks die produk van die Griekse en Latynse kerkvaders. Gedurende hierdie jare word Jesus van Nasaret die Seun van God, die Tweede Persoon van die Drie-eenheid.
Die skrywer bespreek ook ander perspektiewe op Jesus aan die hand van verhale in verskeie Bybelboeke asook ander geskrifte.

Hierdie boek is die produk van sy studie oor die afgelope 30 jaar waartydens hy Bybelkunde en Ou Testament doseer het. Hy begelei die leser op ’n besonderse manier deur die omstandighede waarin hierdie verhale opgeteken is.

Die onderskeid wat hy tref tussen die “historiese Jesus”, die “vertelde Jesus” en die “dogmatiese Jesus” help hom om aan te toon dat daar van vroeg af aan verskillende perspektiewe bestaan het. Hy wys ook uit dat daar ten minste drie groepe in die vroeë Christendom bestaan het: (1) “Christen-Jode”, (2) “nie-Joodse volgelinge van Jesus” (of dan Pauliniese Christene) en (3) “nie-Jode en verhelleniseerde Jode”.

In die hernieude gesprek oor die Westerse godsbeeld en die goddelikheid van Jesus is Jesus van Nasaret ’n boek van wêreldgehalte wat gelees moet word deur enigeen wat opreg en eerlik, in die Christelike tradisie, in die naam van Jesus bid, preek en as pastor optree.



Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za
First Floor - 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001