2
------ ------------- -----------------

Hier staan ek ...

Verskeie bydraers

RRP: R220

ISBN: 978-1-920424-24-4

Besonderhede:
230 mm x 150 mm, 304 pp
Sagteband

Nie-fiksie / Godsdiens

Beskikbaar Junie 2011

Duisende mense in die Afrikaanse gemeenskap voel verwyderd van die fundamentalistiese en dogmatiese sienings van Christenskap en verlaat die tradisionele kerke in hul hordes. Hulle voel dikwels skuldig en alleen en is onder die indruk dat daar iets met hulle fout is. Getrou aan hul Afrikaanse karakter, soek hulle nuwe gespreksgenote en gemeenskappe waarin hulle hul nuwe spiritualiteit kan uitdruk. Hierdie boek is die resultaat van sodanige gesprekke.

Dit sluit in die getuienis van bekende en prominente Afrikaanse meningsvormers, soos Izak du Plessis, Piet Muller, Jean Oosthuizen, Sakkie Spangenberg en Lina Spies.

Wat hierdie boek nog meer spesiaal maak, is die bydraes van vyf praktiserende predikante wat anoniem skryf, aangesien hulle nie kan sê wie hulle is nie.



Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za
First Floor - 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001