|
|
-------- ----------- --------- --------- ----
|
|
Book Shelf / Boekrak
|
|
 |
Dêmmit
Tinus Viviers
Leon Jansen, 'n fondsebestuurder, glo dat sy ontslag onregverdig was en
soek raad by sy sake-vriend, die mynmagnaat Cyril Benkenstein. Terwyl
Johan 'Dêmmit' Dreyer allerhande finansiële truuks uithaal om 'n Storming
Bull-toekenning te verwerf, huur Leon 'n privaatspeurder om die persoonlike
sake van Johan en die firma se eienaar, Mac, te ondersoek.
|
lees meer
|
|
 |
Om
die Bybel anders te lees
Gerrie Snyman
Omdat apartheid
'n beskawingsbreuk veroorsaak het, het die manier hoe lesers die Bybel binne
die Afrikaanse reformatoriese tradisie hanteer, problematies geword. Ons
kan nie meer vandag die Bybel op dieselfde manier as wat aanleiding tot
die teologiese regverdiging van apartheid eens op ‘n tyd gegee het, lees
nie. Ons moet die Bybel anders lees. Dit is noodsaaklik dat Bybellesers
bewus word van die merke wat hulle hantering van die Bybel op ander mense
laat. Bybellees het 'n effek op mense. |
lees meer
|
|
 |
Paaie
Annelie Ferreira
Van Afrikaanse mense kan jy sê wat jy wil, maar nie dat hulle vervelig is nie. Veral nie as hulle oor godsdiens en geloof begin praat nie.
Die afgelope paar jaar is dit temas wat al hoe meer in private én openbare gesprekke opduik, want dit is waaroor soveel mense dink, wonder en verskil. Ons praat daaroor omdat ons mag, omdat veel meer ruimte vir hierdie soort dialoog in ons gemeenskap ontwikkel het. En ons praat daaroor omdat ons moet, omdat soveel mense vind dat die godsdienstige sekerhede, voorskrifte of waarborge waarmee hulle grootgeword het, nie meer intellektueel vir hulle sin maak, of prakties vir hulle werk nie. |
lees meer
|
|
 |
Die Genadekinders
Ilse Goschus
Die wolke lê dik en stormagtig oor die see. Blitse breek blou teen die donkergrys hemelruim en sny blink deur die reëndruppels. Hoog bo die rotse slaan die branders wit en vasbeslote hul aggressie uit – gebreekte skulpe en stink bamboesstingels word kru op die growwerige sand uitgespoeg. Reën en seewater meng en val swaar terug in die boot. In die verte net ’n klein kolletjie benoudheid. Op die strand raak die skare groter en groter. Beangste vissersmense staan in geel reënjasse met hande-oor-die-oë en tuur … |
lees meer
|
|
| |
1 2 3 4
|
|
|
Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za
27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001
|