|
|
|
|
|
Book
Shelf / Boekrak
|
|
 |
Praat-praat in Tamatiestraat
Hennie van Deventer
Hennie van Deventer se plesierige storiebundel weerspieël allerlei verleenthede, skades en skandes wat hy in sy kleurryke omswerwinge slagoffers sien en hoor oorkom het, of, helaas, self oorgekom het. Met die fyn oor van die joernalis het hy ‘n ryke storie-oes opgebou. In Praat-praat in Tamatiestraat is letterlik honderde stories met ‘n vaardige pen verewig – eg of apokrief, en plek-plek met meer as net ‘n knippie stout!
|
|
| |
 |
Die dood van die God van my vaders
Nico Smith
In Die dood van die God van my vaders vertel Smith, eertydse professor aan die NG Kerk se Kweekskool op Stellenbosch, die verhaal van sy vereenselwiging met sy gemeentelede in Mamelodi, maar dis nie net Smith se storie nie. Die boek is bowenal die verhaal van die gewone mense wat onder apartheid die “ellendiges van die aarde” geword het. Dit was die tyd toe meer as duisend wette elke aspek van hulle kom en gaan beheer het. Dit was ook die tyd van die struggle, wat onafwendbaar op bevryding moes uitloop. Dié verhaal word met deernis en insig vertel, soms selfs met humor, en immer met ontsetting. |
|
| |
 |
Storm Sevenster
Wessel Pretorius
Storm Sevenster is deur Perskor in 1984 gepubliseer. Hierdie eertydse uitgewer – Perverskor – soos Pretorius dit noem, wou hierdie roman op aanbeveling van drie beoordelaars publiseer, maar sommige lede van die raad het die publikasie as te riskant beskou.
Die Skrywersgilde het gedreig met ’n boikot indien die manuskrip ná oorweging van die hand gewys sou word, en ’n dringende vergadering is belê om die saak te bespreek. Perskor was in ’n hoek en aanvaar Storm op voorwaarde dat Pretorius en Bartho Smit die manuskrip ietwat sal moet verfyn voor publikasie. Volgens hierdie voorskrif moes die manuskrip per bladsy deurgewerk word om die gebruik van die woorde “God” en “fok” tot die minimum te beperk.
|
|
|
 |
Eugène Terre'Blance, my storie
Amos van der Merwe
Met elke dag wat nuwe skokkende beweringe bring oor die omstandighede rondom die moord op Eugène Terre’Blanche, is dit maklik om die persoon agter
die koerantopskrifte te vergeet.Nou verskyn Eugène Terre’Blanche – my storie. Geskryf deur dr. Amos van der Merwe, onthul dit die man agter die hoofopskrifte.
Volgens Van der Merwe het die AWB leier se lewe verander tydens die drie jaar wat hy in die gevangenis deurgebring het. “Die hele aanslag van die boek is
meer in lyn met vergifnis en versoening as wat die gewone mens verwag,” het hy onlangs in ’n onderhoud gesê. |
|
|
 |
Passion for Wine and Surf
Linda Suhr
Linda Suhr is a professional photographer from Denmark and telling stories through the lens of her Hasselblad is her passion.
On an assignment in South-Africa she fell in love with the rugged beauty of Cape Town’s coastline and the outlying hills of the winelands. It was however, the South African people who captured Linda’s heart. She met energetic wine-makers who invited her into their homes and took her to their favourite surf spots. She enjoyed mouth-watering seafood and the most wonderful wines on the beach. |
|
|
 |
Lyne
Lente uitgawe
Eerlik en reguit sonder enige pretensie. Dit is die aanslag van Lyne, ‘n splinternuwe tydskrif.
‘n Nuwe uitgawe van Lyne sal met die aanbreek van elke nuwe seisoen op die rak wees. Lyne, onder redaksie van Liani Maré, bevat eerlike artikels oor ‘n verskeidenheid onderwerpe om aanklank te vind by die wye belangstellingsveld van die teikenmark.
In die tydskrif kan jy meer kan lees oor reis, kuns, kos, leefstyl- en aktuele sake. Daar is ook deurdagte resensies en onderhoude met ‘n verskeidenheid mense – sommiges bekend en ander minder bekend. Mettertyd gaan jy ook meer blootgestel word aan die werk van bekende sowel as opkomende skrywers. |
|
|
 |
Diaspora
Flip Schutte
Vir almal met ’n oop gemoed bied Diaspora hoogs interessante leesstof oor die verskuiwing van godsdienstige paradigmas; en oor die misterie van God en glo. |
|
|
 |
Cape Town Stadium
Edited by Bettina Andrag
It’s been the discussion point around every coffee table, dinner table and conference table.
It’s been lambasted and praised, vilified and celebrated by all. And it will most probably continue to stir emotions.
The drama of building Cape Town Stadium came with its fair share of good intentions, back room lobbying, public arm wrestling, heavy negotiation and finally, compromise. The cool simplicity of the stadium’s form belies the fiery trail it followed into existence. Bringing together the often contradictory views, Cape Town Stadium – between the lines describes the process of its formation by those who have been intimately involved.
|
|
|
 |
Saam op soek na God
Abel Pienaar
Vandag is baie Suid-Afrikaners, wat in die Christelike tradisie grootgeword het, besig om afskeid te neem van die dogmas wat aan hulle as die absolute waarheid voorgehou is. Wat dink hierdie mense? Hoe voel hulle? Wat glo hulle? Wat is hulle ervaringe?
In die boek Saam opsoek na God – Soeke na ’n eietydse spiritualiteit voer Abel Pienaar gesprekke oor hierdie lewensvrae met onder andere ’n joernalis, ’n teoloog, ’n student, ’n natuurwetenskaplike en ’n huisvrou. Gewone mense soos ek en jy wat vrae het soos ek en jy.
|
|
|
 |
Koemelaat
Milan Murray
Sy word in die strate herken as Dusty, Frankie, Patrys of sommer net daai girl van daai show op kykNET, maar Milan Murray is meer as net een van Suid-Afrika se bekende aktrises. Sy is ook ’n ma. ’n Rol wat sy aanvanklik met moeite moes vertolk. ‘Koemelaat’ is haar tweejarige seun se woord vir ‘skoenlapper’. ’n Baie gepaste titel vir ’n boek waarin sy haar ma-wees reis begin as ’n skamele ruspe getronk in ’n papie. En deur die bladsye van hierdie ma-joernaal, wikkel Milan haarself stelselmatig los. |
lees meer
|
|
 |
God, ek is ook hier!
Hendrik Venter
God, ek is ook hier! is ’n boek wat jou ruk. In vrede in. ’n Boek wat geslagte gelede al geskryf moes gewees het. Dit gaan oor die mens se catch-22: jy het slegs vrede met jouself as jy vrede met God het, en jy het slegs vrede met God as jy vrede met jouself het. |
lees meer
|
|
 |
Help jou kind om te presteer
Ben Cronjé
Dr. Ben Cronjé deel in Help jou kind om te presteer wenke met ouers op ‘n baie praktiese manier om die mensepotensiaal van hul kinders te help ontsluit. |
lees meer
|
|
 |
Brood
Jak de Priester
Brood is die titel van Jak de Priester se splinternuwe musiekproduksie, asook die vrystelling van sy eerste musiek-, poësie- en storieboek. Lirieke van al sy liedjies, bladmusiek, stories, gedigte, animasie, fotografie en meer, vorm als deel van die kuns-, koffietafelboek. Die “show” met dieselfde titel is ‘n beeldskone produksie saam met sy funky band met fantastiese verwerkings van sy beste en nuutste materiaal. Stories en gedigte uit die boek en “striking outfits”. Dis ‘n rock en roll-woordkuns produksie!
|
lees meer
|
|
 |
Discovering the keystone
Guillaume Brouillard
Guillaume Brouillard has solved the riddle that has mystified enthusiasts and experts alike all over the globe for more than four decades! As a result, he has discovered, and photographed, the actual Keystone, the existence of which has been the subject of fierce speculation. Contrary to the fictional riddles that have been employed in other popular writings, this riddle relates to an authentic secret document of the Rosicrucian Order, the Priory of Sion, entitled Le serpent rouge – which appears to be the ‘map’ to nothing less than the temple treasures of Jerusalem. |
read more
|
|
 |
Vrou Alleen
Dannelene Noach
In teenstelling met Arabiese sprokies soos dié van ’n Duisend-en-Een Nagte, het Dannelene Noach se lewe in ’n nagmerrie ontaard toe ’n faksie in Saoedi-Arabië haar ontvoer en in die berugte Al Ha’ir-tronk gevange gehou het.
Hierdie boek gee ons ’n kykie op wat duisende Saoedi-Arabiese vroue moet deurmaak, want hulle het geen stem om vir hulle regte te veg nie. |
lees meer
|
|
 |
Woman Alone
Dannelene Noach
Contrary to the romantic tales of the Arabian Nights, Dannelene Noach experienced an Arabian nightmare when a faction inside Saudi Arabia abducted and incarcerated her in the notorious Al Ha’ir jail.
In this book we are given an inkling of how thousands of Saudi women live, as they have no voice to plead their case. |
read more
|
|
 |
Sein
Verena Martin
It is some years ago that Verena Martin commenced on the journey of learning 12-Step Meditation. Now she is an avid and dedicated practitioner of meditation – something which forms part of her daily ritual. Verena’s spiritual writing is the result of the “impulses” and inspiration she receives while in this meditative state-of-being. When observing her in her daily conduct with friends and family, it is clear to see that it is indeed a state-of-being – a mindset. |
read more
|
|
 |
Byl in my bos
Hennie van Deventer
Oor die ‘leiers en verleiers’ uit ‘sy bos’ gee bekroonde koerantman Hennie van Deventer kostelike glimpsies. Een staatshoof sou ’n skaapkop met sy knipmes takel. ’n Ander het die skrywer met die hand lemoenskyfies gevoer. ’n Deftige mevrou van Libertas se delikate doilietjies is in tronk-kamerpotte uitgespoel!
Lees hoekom ’n topredakteur as ’n ‘swaar vermomde engeltjie’ en sy kollega as ’n ‘goeie bliksem’ beskryf is; oor ’n koerantveteraan wat in rooi pajamas uit ’n hospitaalbed Kabinetskuiwe reg voorspel het, en oor die skrywer wat ’n koeël in sy kuiltjie gekry het – toe hy onskuldig was! |
lees meer
|
|
 |
Jesus van Nasaret
Sakkie Spangenberg
In Jesus van Nasaret stel Sakkie Spangenberg die leser bekend aan ’n handvol perspektiewe op Jesus. Dit begin by sy eie verhaal van kennismaking met ’n Kinderbybelperspektief. Hy vervolg met ’n Sondagskool- en ’n Katkisasie-perspektief voordat hy die meesterverhaal van die Westerse Christendom onder die loep neem. Hierdie perspektief is grootliks die produk van die Griekse en Latynse kerkvaders. Gedurende hierdie jare word Jesus van Nasaret die Seun van God, die Tweede Persoon van die Drie-eenheid.
Die skrywer bespreek ook ander perspektiewe op Jesus aan die hand van verhale in verskeie Bybelboeke asook ander geskrifte.
|
lees meer
|
|
 |
Pomp 09
Griffel Media
Pomp persvrystelling |
|
|
 |
Choices
Hein Scheffer
Choices is the account of the life of an ordinary man. The author, Hein Scheffer, grew up in an ordinary Afrikaans community in the previous century and lived through the significant changes in South Africa over the last two decades. He was faced with so many familiar and unfamiliar challenges in his personal life: an accident that changed his life instantly, a divorce, the unexpected and unaccounted death of a loved one and the realities of earning a living. |
read more
|
|
 |
Die ponies galop
Yolanda Barnard
Die ponies galop – Seks en skandale van die sterre onthul deur Yolanda Barnard, van Glitterati-faam en Sondag-joernalis, is ’n binnevertelling van haar interaksie met vêr meer as 100 bekendes in Suid-Afrika. Dit is ook ’n outobiografie van haar lewe in die media oor ’n tydperk van langer as vier jaar. Haar eie hartseer en vreugdes. Die moord op haar suster se verloofde. Hoe sy in die middel van die nag op die snelweg deur rowers aangehou is.
Geen ster word gespaar nie en sy neem die leser na die ‘agterkamer’ met ’n paar nuwe en skokkende onthullings. In haar bekende ondersoekende styl delf die skrywer in egte ponie-trant in die doen en late van die bekendes. Sy toon ook dat die sterre bloot ook maar mense is wat foute maak. Die boek bied verdermeer ’n interessante blik op die poniebladbedryf in Suid-Afrika, hoe dit in Suid-Afrika ontwikkel het en hoe dit figureer. |
lees meer
|
|
 |
Dae uit ons geskiedenis
Vriende van Afrikaans
Dae uit ons Geskiedenis, saamgestel deur Vriende van Afrikaans, is ’n Afrikaanse Kultuurhistoriese dagboek met ’n magdom vertellings van gebeure in die verlede wat ’n invloed op Afrikaanssprekendes gehad het. Dit dek 366 dae – so skrikkeldag gaan nie verby nie! – van Jan van Riebeeck tot Nelson Mandela, van ‘Die Stem’ tot ‘Nkosi sikelel’ iAfrika’. Hoewel die fokus op plaaslike geskiedenis val, vermeld dit ook ander wêreldgebeure op dieselfde dag-datum in die geskiedenis. Dit is in ’n handige formaat en sluit ’n volledige onderwerp- en dagindeks in. |
lees meer
|
|
 |
Diana: Van feëprinses tot tragiese ikoon
Magda Cronjé
Diana: Van feëprinses tot tragiese ikoon is die verhaal van die liefling van die wêreld en die alleen-mens in haar paleis. Dit gee aangrypend weer hoe sy gepoog het om die Britse koningshuis meer menslik te maak sodat hulle kon identifiseer met die behoeftes van gewone mense. Dit is bowenal die verhaal van ’n vrou in haar liefde verlaat, maar wat self nooit opgehou het om liefde te gee nie. |
lees meer
|
|
 |
Passie & Spasie
Julian Muller
Passie en spasie is vir oud en jonk: hulle wat beplan om saam huis op te sit, maar ook hulle wat lankal grys is en voel hulle is van hulle gesin verlate. Dit handel in wese oor die gesin as daardie unieke ruimte waarin jy passie kan uitleef, maar waarin daar ook spasie is om self te ontwikkel – en ander te laat ontwikkel. Die skrywer bied hierdie unieke ontwikkeling, oftewel differensiasie, as die kern van ’n gelukkige, gesonde verhouding tussen individue in enige gesin. |
lees meer
|
|
 |
Vegters teen politieke boelies
Koot Jonker
In Vegters teen Politieke Boelies vertel Koot Jonker sy eerstehandse ervaring van die wit politieke gebeure in die aanloop ná die ANC bewindsoorname in 1994. Dit is ’n binnekring mededeling van hulle wat weggebreek het van hul eertydse politieke tuiste, die regering van die dag. Hy skryf hoe dit ’n stryd geword het teen ’n regering met hul veiligheidsmagte (NI) en beheer oor die media (byvoorbeeld die destydse SAUK). Volgens die skrywer het die regerende party teen sy onderneming die kiesers van die dag op ’n kritieke oomblik mislei. Dit is die verhaal van ’n broederstryd van meer as tien jaar wat later gewelddadig geword het. |
lees meer
|
|
 |
So jy dink jy wil 'n ster wees?
Carel F. Cronje
In hierdie omstrede outobiografie van een van die land se grootste muskiekpromotors word die leser op ’n fassinerende toer geneem. Alhoewel die oorkoepelende tema die lewensverhaal van Louis van Wyk is, met veral die fokus op die seksuele teisterings- en verkragtingsaanklagte teen hom, is die verhaal pragtig verweef met juweelstaaltjies uit die vermaakbedryf oor die afgelope paar dekades. |
lees meer
|
|
 |
Pomp 08
Saamgestel deur Griffel Media
Hierdie opwindende nuwe titel in die Afrikaanse mark stel Suid-Afrikaners bekend aan die konsep van ‘n uitsonderlike kuns- en kultuurjoernaal.
Pomp is ‘n stylvolle, lewendige en polsende publikasie wat die kunste in Afrikaans vier. Dit verleen ‘n wegbreek na die ondersoekende gees, en stel ten toon die beste wat Suid-Afrika het om te bied in kuns en kunstenaars. Hierdeur word neigings en tendense bekend gestel en word jong toonaangeërs gelanseer. |
lees meer
|
|
|

|
Pyltjies
innie sand
Francis Grobler
Hierdie digbundel, wat 75 gedigte bevat deur die debutant, Francis Grobler,
gee 'n sterk emosionele en nostalgiese blik op die Suid-Afrikaanse landskap.
Daar is egter 'n wye verskeidenheid gedigte wat 'n groot spektrum onderwerpe
dek. Uit die al gedigte is 16 uitgesonder, wat getoonset is deur Tony
Ridgway, en opgeneem is deur die bekroonde sanger, Wynand Strydom. Die
CD word by die bundel ingesluit.
|
lees meer
|
|
 |
Jêmbekseep
Steve Hofmeyr
In Steve Hofmeyr se omstrede nuwe boek, Jêmbekseep, spoel Steve
sy vinnige mond oor enige denkbare saak uit. Soms kwaad en ernstig, soms diep en poëties, soms
tong-in-die-kies, soms sommer-net-laf is dit sêgoed wat iewers die
opskrifte gehaal het en soms tot fel debatte of reaksie gelei het.
|
lees meer
|
|
 |
Value
through Values
Jerry Schuitema
“The way
of the future, the whisper of tomorrow,” is how internationally known
South African businessman, Raymond Ackerman, describes this inspirational
work by Jerry Schuitema, economics communicator, author and consultant.
The author brings all of his wide and varied life experiences and 40 years
exposure to business and economics to bear in taking the reader on their
own personal journey through the fascinating world of business, not only
demystifying the topic and exposing the real human face of business, but
showing in great detail the kind of behaviour we can all adopt to achieve
personal abundance and contentment.
|
read
more
|
|
 |
From
Intellect to Intelligence
Douwe van der Zee
Why are we caught up in a spiral of ever-increasing violence and environmental
destruction while simultaneously calling ourselves rational and intelligent?
Can religion, science, capitalism, psychology, politics and education
help us to change our behaviour, or is our destructive behaviour in fact
deeply entrenched in these very institutions? How free and democratic
are we really, in South Africa and in the rest of the world?
|
read
more
|
|
 |
Woorde sonder wysies
Karin Hougaard
woorde sonder wysies is ‘n versameling van ongepubliseerde liedtekste – of soos Karin Hougaard self dit beskryf: “woorde wat nooit liedjies geword het nie”. Dis egter nie die eerste keer dat haar lirieke opgeneem is in boekformaat nie. Hougaard se Kruietuin is opgeneem in die voorgeskrewe Graad 11 handboek Piekfyn Afrikaans – as poësie. Met die boek het haar aanhangers die geleentheid om meer van haar tekste onder oë te kry.
Die koffietafel formaat boek sluit ook van Hougaard se skilderye, monodrukke en etse in. |
lees meer
|
|
| |
1 2 3 4
|
|
|
Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za
First Floor - 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001
|
es