2
![]() |
|||
![]() |
Die dood van die God van my vaders Hoe die lewe in die township Mamelodi my godsbeskouing verander het Nico Smith |
||
|
RRP: R180 ISBN: 978-1920424-00-8 Besonderhede: Godsdiens / Biografies Bestel as e-boek op Kalahari.net Bestel deur:
|
In die 1980’s verrys ‘n vreemde struktuur in Mamelodi, ‘n township by Pretoria. Die township-mense skud die kop en doop dit “Smith se Pampoenhuis”. Dr. Nico Smith en sy vrou, Ellen, verruil hulle twaalfvertrekhuis in “wit” Stellenbosch vir dié viervertrekpondokkie midde-in die woonplek van duisende swart mense – sekerlik die enigste wit Afrikaanse mense wat in daardie jare van opstand en ellende so iets sou waag. In Die dood van die God van my vaders vertel Smith, eertydse professor aan die NG Kerk se Kweekskool op Stellenbosch, die verhaal van sy vereenselwiging met sy gemeentelede in Mamelodi, maar dis nie net Smith se storie nie. Die boek is bowenal die verhaal van die gewone mense wat onder apartheid die “ellendiges van die aarde” geword het. Dit was die tyd toe meer as duisend wette elke aspek van hulle kom en gaan beheer het. Dit was ook die tyd van die struggle, wat onafwendbaar op bevryding moes uitloop. Dié verhaal word met deernis en insig vertel, soms selfs met humor, en immer met ontsetting. Maar Smith onderneem meer as net ‘n fisieke reis van Stellenbosch na Mamelodi. Daar in die township, waar mense onder die haglikste omstandighede hom verseker “Die Here hy es”, begin hy indringende vrae vra oor die God wat in die kerk van sy vaders aan hom voorgehou is. Wanneer dié God vir hom “sterf”, ontwikkel hy ‘n gans ander godsbeskouing as dié van die konvensionele en dogmatiese gereformeerde leer. Hier is geen nietemin sprake van ‘n “God-is-dood-teologie” nie. Smith het net God anders leer ken, en daaroor skryf hy uitvoerig en met oortuiging. |
||
|
|
|||
|
Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za First Floor - 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001 |
|||