God, ek is ook hier! is ’n boek wat jou ruk. In vrede in. ’n Boek wat geslagte gelede al geskryf moes gewees het. Dit gaan oor die mens se catch-22: jy het slegs vrede met jouself as jy vrede met God het, en jy het slegs vrede met God as jy vrede met jouself het.
Dit kyk uitsonderlik reguit, eerlik en diepgaande na dinge waaroor ontelbare mense in die Christelike tradisie wroeg, maar te bang is om openlik te sê, soos dat die kerk mense van God vervreem; dat die kerk se belydenisskrifte, oud of nuut, net sekere mense se opinie is; dat die kerk ’n ongesonde ding het oor seks – homo- en heteroseksuele seks insgelyks; dat boosheid in the eye of the beholder is, en nie noodwendig uit die Ooste uit kom nie; dat die Bybel steeds oop is vir interpretasie; die lys gaan aan en aan.
Maar ná alles gaan hierdie boek oor die mens self. Om in vrede te leef met jouself en jou eie godsbegrip – wat jy die godheid ook al noem; ook of God volgens jou bestaan of nie.
Deur die psigologie van agt religieuse vorme, naamlik Judaïsme, Islam, die Rasionele, die Christendom, die Tradisionele, Hindoeïsme, Boeddisme en New Age, asook die fisiologiese breindominansie van die individu stel die skrywer die leser in staat om die eie en andere se wêreld- en godsbeeld te verstaan en daarmee vrede te maak. Om op te hou wroeg met hang-ups. Om ’n sinvolle lewe te lei.
Die skrywer verduidelik aan die hand van sy Emosionele en Spirituele Spiraal-model die interaksie tussen die mens se denke en emosies oor wat bekend en onbekend is. Hoe dit ons aard en optrede bepaal en hoe om dit bewustelik te gebruik vir ’n beter lewe, want die mens is nie bedoel om ongelukkig te wees nie.
Die volkleurvoublad met grafika, riglyne vir meditasie (ook op die CD) en ander praktiese oefeninge is nuttige hulpmiddels.
Hendrik Venter se ongekunstelde openheid oor sy eie pad en ervarings maak die inhoud toeganklik, en is verfrissend en bevrydend in die Christelike tradisie. Die feit dat die skrywer nooit na God in die manlike of vroulike vorm verwys nie, is – ook – verlossend.
Hendrik Venter is betrokke by Griffel Media en die Sabbatical Company. Hy is ook die uitgewer van Pomp
|