2
![]() |
|||
![]() |
Dieper as Satan Verlos ons van die bose Evard Huisamen |
||
|
RRP: R190 ISBN: 978-1-920424-23-7 Besonderhede: Nie-fiksie / Godsdiens Beskikbaar Junie 2011 |
Gedurende die 1990s was Evard Huisamen, ’n NG-predikant, aktief betrokke by die ondersoeking en vervolging van die sogenaamde Satan-aanbidders. Hy het met lede van die SAPD saamgewerk, deur die land gereis en klasgegee oor die onderwerp asook boeke daaroor gepubliseer, als in die geloof dat hy al die antwoorde oor die Satan het. Toe het ’n onverwagte keerpunt in sy lewe gekom. Een dag, rondom die middag, terwyl hy in die gaskamers by Auschwitz-Birkenau, Pole, gestaan het “het ek gevoel soos Elie Wiesel, ’n Jood wat die Holocaust oorleef het, wat uitroep: “Waar was God toe hierdie dinge gebeur het?” Daardie aand het hy besef dat agter die mens se konstruksie van die Satan, lê die kwaad van mense. Dit is nie die Satan wat kwaad laat gebeur nie. Dit is ménse. Hierdie boek is ’n aangrypende en goed nagevorsde dekonstruksie van die Satan as die prins van alle kwaad. Hierdie boek van besondere relevansie terwyl die aard van die Satan weer onder bespreking is by die sinode van die grootste Afrikaanse kerk, die Nederduitse Gereformeerde Kerk, gedurende 2011. |
||
|
|
|||
|
Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za First Floor - 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001 |
|||