------ ------------- -----------------

Diaspora van die nuwe Christene

Flip Schutte

RRP: R155

ISBN: 978-1-920424-07-7

Besonderhede:
200 mm x 130 mm, 176 pp
Sagteband

Godsdiens / Spiritualiteit

Bestel deur:

SES-resensie

Nuwe Hervorming-resensie

Kletskerk

 

“Enige vorm van godsdiens en enige beeld of definisie van die Goddelike, is ’n konstruk wat deur mense uitgedink is. God self het immers nooit vir iemand gesê: ‘Koe-ee! Kom kyk hier hoe lyk Ek! Gaan skryf nou ’n boek daaroor’ nie.”

Soms ’n bietjie tong-in-die kies, soos hierbo, ander kere amper traan-in-die-oog-mooi soos hieronder, maar altyd intellektueel stimulerend, skryf Flip Schutte in sy nuwe boek oor die spiritualiteit van postmoderne mense buite die tradisionele geloofsgrense: Die persoonlike God van sy predikantsjare het plek gemaak vir ’n wyer ervaring van die Goddelike:

“Ek sien die Goddelike slaap in die hangmat van die sekelmaan; ek sien die Goddelike wakker word in die eerste sonstrale wat op die rooi malva op die voorstoep val. Ek sien die Goddelike huppel in die trop waterbokke wat oor die grondpad draf. Ek ervaar die Liefde in ‘n kind se arms om my nek …"

Schutte het opgehou om “naïef ” te glo; maar dit wil nie sê dat hy nou nuwe dogmas formuleer en probeer voorskryf hoe ’n nuwe soort geloof moet lyk nie. Hy nooi lesers doodgewoon om saam met hom te dink en te vra en te wonder en dalk in verwondering te staan oor wat of wie en hoe die Goddelike is. Hy wil niemand seermaak en afkraak nie. Hy pleit bloot dat ons almal groter ruimte sal skep vir mekaar se Godbeskouings en spiritualiteit; dat ons saam verder sal soek.

Vir almal met ’n oop gemoed bied Diaspora hoogs interessante leesstof oor die verskuiwing van godsdienstige paradigmas; en oor die misterie van God en glo.



Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za
First Floor - 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001