------ ------------- ---------------------

Dae uit ons Geskiedenis

Saamgestel deur Vriende van Afrikaans

Aanbevole verkoopsprys:
R230.00

ISBN:
978-0-9814177-6-9

Algemene besonderhede:
386 bladsye
Sagteband

bestel aanlyn of by www.kalahari.net

Dae uit ons Geskiedenis, saamgestel deur Vriende van Afrikaans, is ’n Afrikaanse Kultuurhistoriese dagboek met ’n magdom vertellings van gebeure in die verlede wat ’n invloed op Afrikaanssprekendes gehad het. Dit dek 366 dae – so skrikkeldag gaan nie verby nie! – van Jan van Riebeeck tot Nelson Mandela, van ‘Die Stem’ tot ‘Nkosi sikelel’ iAfrika’. Hoewel die fokus op plaaslike geskiedenis val, vermeld dit ook ander wêreldgebeure op dieselfde dag-datum in die geskiedenis. Dit is in ’n handige formaat en sluit ’n volledige onderwerp- en dagindeks in.

Dae uit ons Geskiedenis is ’n moet vir elke Afrikaanse gesin en Afrikaanse- en geskiedenisonderwyser.

Aanhaling uit voorwoord

Hierdie boek het ontstaan uit onderwysers en ouers se behoefte aan materiaal wat handel oor ons geskiedenis en wat as prikkel kan dien vir gesprekke en klaskamer-onderrig. Deur ’n gebeurtenis aan elke dag te koppel, met verwysings daarby, kon ons daarin slaag om 366 onderwerpe in een boek saam te vat. Uiteenlopende terreine word ingesluit, onder andere lewens van belangrike persone, ekonomiese ontwikkeling, skilderkuns, musiek en skrywers. Die inskrywings is beperk tot ongeveer 300 woorde elk en word as sodanig natuurlik geensins ’n volledige studie van die onderwerp aangebied nie. Die doel was deurgaans om die werklik saakmakende feite weer te gee. Die inskrywings dien bloot as ’n inleiding, ’n prikkel tot die onderwerp. Die bronne by elke inskrywing verskaf aanvullende inligting. Onder Ander gebeure het ons gekonsentreer op meer resente Suid-Afrikaanse gebeure, maar soms is ook interessante wêreldgebeure ingesluit. Ons vertrou dat hierdie publikasie ’n bydrae sal lewer om die belangstelling in Suid-Afrikaanse geskiedenis lewendig te hou.

___________________________________

“Ek het my verkneukel en verlustig aan die inhoud van hierdie historiese dagboek wat met groot sorg, beplanning en dryfkrag op die rak kom staan het. ’n Lewende geskiedenis van Suid-Afrika en van die Afrikaner, maar ook veel wyer, word op só ’n aantreklike wyse aangebied dat ek net aanhou en aanhou lees het. Opvallend lekker is die historiese konteks wat aan elke dagstukkie gegee word.” Prof Fransjohan Pretorius



Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za
First Floor - 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001