|
RRP: R115
ISBN:
978-0981400-96-9
Besonderhede:
220 mm x 165 mm, 88 pp
Sagteband
Nie-fiksie
Bestel deur:

|
In ’n brief aan sy dogters skryf Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof
van Solidariteit, in sy nuwe boek, Basta! Ons voetspore is in Afrika, oor sy
dogters se plek in Afrika. Hy skryf dat die polities gelaaide beeld van die
Afrikaner nie aanvaar moet word nie. Hy wil sy dogters bevry van skewe
geskiedenisbeelde deur aan hulle hul familiestorie te vertel.
Om die skewe geskiedenis reg te stel, maak hy die geskiedenis lewendig
deur te vertel van agter-oupagrootjie Hans se bootreis na Afrika in 1657
en hoe hy deur ’n leeu opgeëet is. Hy vertel oor die ontberings van die
Groot Trek en die smarte van die Boere-oorloë. Sy oumagrootjie is dood
in ’n konsentrasiekamp en sy ouma het die konsentrasiekamp oorleef. Hy
vertel van sy oupagrootjie se ontberinge as banneling en die opstaantyd
ná die oorlog. Sy pa vertel die storie van apartheid en hyself vertel oor sy
eie Afrikaner-identiteit ná 1994. Hy sluit die boek af met ’n uitdaging oor
sy Afrika-identiteit. Oor die Afrikanerstorie en dié van sy familie, sê hy:
“Basta! Ons voetspore is in Afrika.”
|