![]() |
|||
![]() |
Teen
die hele wêreld vry Danie Langner |
||
|
Kontak info@griffel.co.za om te bestel Aanbevole verkoopsprys: ISBN:
Besonderhede: Verwante skakel: |
"om
te lewe uit 'n tradisie is om te leef in 'n Om eerlik oor die verlede te praat en selfs met mekaar daaroor te verskil is deel van die groot debat waarvoor Van Wyk Louw pleit. Baie van die huidige debatte in die kerk en in Suid-Afrika het immers hulle wortels in die vorige eeu. Koot Vorster se sterk standpunte oor bykans elke aktuele saak, sy verstaan van die uitdagings van sy tyd, tesame met sy dina-miese en kleurryke persoonlikheid en 'n lewensloop deurspek met staal-tjies is nie net bestanddele vir 'n interessante storie nie, maar lewer terselfdertyd ook 'n belangrike bydrae tot die debat. As Afrikanerleier, kerkleier, geliefde pastor, broer van die Eerste Minister en kampvegter vir apartheid, is Koot Vorster se lewensverhaal verweef met die verhaal van die Afrikaner, die NG Kerk en Suid-Afrika in die twintigste eeu. Om Koot Vorster se lewensbeskoulike aspekte binne die konteks van sy eie tyd te verstaan bied nie net 'n perspektief op die vernaamste teologiese uitgangspunte van die NG Kerk en die Afrikaner in die twintigste eeu nie, maar lewer ook 'n bydrae tot die selfverstaan van die NG kerk en die Afrikaner in die huidige Suid-Afrikaanse konteks. Hierdie boek nooi die leser uit om as deel van die debat op bepaalde punte weer te luister na die fors stem van Koot Vorster, maar op ander plekke van hom te verskil. Deur dit alles heen vra die boek: Wat kan die kerk en Afrikaner uit Koot Vorster se lewensverhaal leer en saamvat die toekoms in? |
||
|
|
|||
|
Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001 |
|||