![]() |
|||
![]() |
Pyltjies
innie Sand Francis Grobler |
||
|
Aanbevole verkoopsprys: ISBN: 978-0-620-37656-3 Besonderhede: Verwante skakels: Luister na 'n paar snitte: |
Hierdie digbundel, wat 75 gedigte bevat deur die debutant, Francis Grobler, gee 'n sterk emosionele en nostalgiese blik op die Suid-Afrikaanse landskap. Daar is egter 'n wye verskeidenheid gedigte wat 'n groot spektrum onderwerpe dek. Uit die al gedigte is 16 uitgesonder, wat getoonset is deur Tony Ridgway, en opgeneem is deur die bekroonde sanger, Wynand Strydom. Die CD word by die bundel ingesluit. Die bundel is vars. Anders. Nostalgies, universeel en Suid-Afrikaans. Dit raak aan teenoorgestelde pole en uiterstes, soms met 'n tikkie humor. Die titel en die bladontwerp is aanvullend tot die inhoud en ontlok onmiddellik 'n dieper soeke na die onderliggende boodskap. Dit dek 'n wye spektrum digvorme, vanaf swaar rooiwyn- en kaggelvuur-ballades, epies-liriese dramatiese digstukke, wat afgewissel word met ligte satires, met 'n goeie skakering tussen-in. 'n Fyn onvermoeiende balans. Elke denkbare emosie word in kunstige prosa - soms in ongebonde styl en beskrywende, verhalende letterkunde - met sorgvuldige woordkeuse in verstandstaal vasgepen en verwoord. Retoriese vrae rakende sosiale, religieuse en emosionele kwessies kom af en toe gesigwys op die voorgrond. Dikwels verruil die skrywer die werklikheid vir die vlerke van drome, en neem die leser onwillekeurig saam. Sestien van hierdie gedigte is geniaal getoonset deur Tony Ridgway. Dit word gesing deur die bekende sanger, Wynand Strydom, wat met sy uitsonderlike stem die atmosfeer waarin die gedig geskryf is, perfek weergee en komplimenteer. Die CD is by die bundel ingesluit en word as 'n eenheid bemark. Voorwaar 'n onontbeerlike koffietafel-noodsaaklikheid. Die boek en CD is ’n hoogtepunt en sal liefhebbers van getoonsette Afrikaanse musiek sommer baie gelukkig maak. Jou naam hoef nie Giel Gedig te wees om van die produksie te hou nie, want die liedjies val sag op die oor. Die toonsettings is eerlik sodat die poësie steeds die belangrikste is. Dit is die perfekte CD om saam met ’n glas rooiwyn te geniet, as jy van diep Afrikaanse musiek hou. “Fenomenaal” & “Ek luister ook al ‘n geruime tyd “Pyltjies innie sand”, Wynand se donker vertolking van Francis Grobler se gedigte. Beautiful.” |
||
|
|
|||
|
Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001 |
|||