![]() |
|||
![]() |
Paaie Verkenning van 'n geestelike landskap Annelie Ferreira |
||
|
Aanbevole verkoopsprys : ISBN:
Algemene besonderhede : Bestel: |
Van Afrikaanse mense kan jy sê wat jy wil, maar nie dat hulle vervelig is nie. Veral nie as hulle oor godsdiens en geloof begin praat nie. Die afgelope paar jaar is dit temas wat al hoe meer in private én openbare gesprekke opduik, want dit is waaroor soveel mense dink, wonder en verskil. Ons praat daaroor omdat ons mag, omdat veel meer ruimte vir hierdie soort dialoog in ons gemeenskap ontwikkel het. En ons praat daaroor omdat ons moet, omdat soveel mense vind dat die godsdienstige sekerhede, voorskrifte of waarborge waarmee hulle grootgeword het, nie meer intellektueel vir hulle sin maak, of prakties vir hulle werk nie. Die behoefte aan 'n lewe wat op alle vlakke sin maak, bly egter. In Paaie - Verkenning van 'n geestelike landskap word 'n verskeidenheid mense aan die woord gestel om hul sienings, ervarings, vrae en ontdek-kings te deel. Hulle praat met opregtheid, hoop, dikwels 'n erkenning van hul eie feilbaarheid, én deurleefde wysheid. Hulle wys dat 'n keuse wat eerlik gemaak word altyd respek verdien, en ook 'n lig kan gooi op 'n an-der se pad. |
||
|
|
|||
|
Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001 |
|||