------ ------------- ----------------- ----

Jêmbekseep

Steve Hofmeyr

Aanbevole verkoopsprys:
R 150.00

ISBN: 978-0-9802556-9-0

Besonderhede / Details:
100 bladsye
Sagteband / Softcover
Nie-fiksie / Non-Fiction

Beskikbaar:

Boekwinkels landwyd (behalwe by PNA)

Links:

Steve se Spoegblok

Uittreksels:

Inhoud

Bladsye 1 - 4 - 14 - 17 - 23 - 24

37 - 38 - 43 - 64 - 66 - 72 - 77 - 86 - 87

Foto van oorhandiging

Binne CD omslag

Video (Rapport)

KKNK Foto's

Bekom Steve se boek teen ’n winskoop en help so die Helpende Hand Fonds

Koop Steve Hofmeyr se gewilde boek, Jêmbekseep, aanlyn en dra in die proses R20 by tot die Helpende Hand Fonds.

Griffel Media, in samewerking met Steve Hofmeyr en Solidariteit bied hierdie uitsonderlike promosie aan gedurende Augustus en September.

Jêmbekseep gee ons ’n lekker terugblik op die pittige sêgoed en aanhalings van die bekende Afrikaanse ikoon. Na die sluiting van sy gewilde blog is hierdie ’n goeie geleentheid om sy immer gewilde stem steeds op papier te hoor. Lees wat hy dink en sê oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe, met sy liefde vir Afrikaans en die mense van die land wat duidelik daaruit spruit. Hierdie vermaaklike boek is ’n moet op jou koffietafel, en maak ook ’n uitstekende geskenk vir ’n Steve-aanhanger.

Koop die boek aanlyn vir slegs R115 aanlyn (geen posgeld) en spaar ten minste R40 (normale handelaarsprys is R155). R20 van die koopprys word dan aan die Helpende Hand Fond geskenk.

Steve Hofmeyr is ook die beskermheer van hierdie fonds wat streef om gemeenskappe in nood te help.

Bestelling kan vanaf 1 Augustus op die bestelblad gedoen word. Vir enige navrae intussen epos ons by info@griffel.co.za

_________________________________________________

“Steve Hofmeyr is soos Marmite - you either love or hate him,” het een joernalis een dag oor Steve Hofmeyr geskryf. Steve antwoord toe dat dit nie veel sę van die ander kunstenaars wat minder CDs as hy verkoop nie, “en daar is baie van hulle”.

In Steve Hofmeyr se omstrede nuwe boek, Jęmbekseep, spoel Steve sy kwistige mond oor enige denkbare saak uit. Soms kwaad en ernstig, soms diep en poëties, soms tong-in-die- kies, soms sommer-net-laf is dit sęgoed wat iewers die opskrifte gehaal het en soms tot fel debatte of reaksie gelei het.

Die keurige ontwerp en formaat van die boek maak van dit ’n moet vir die koffietafel, die kroeg, rondom die braaivleisvuur of selfs vir die kantoor, en beloof om nog baie giggels en selfs meer ernstige reaksie uit te lok.

Die boek verleen verdere kleur aan hierdie kleurryke persoonlikheid wat beskou word as een van die suksesvolste kunstenaars wat Suid-Afrika nog opgelewer het, en wie, of jy van hom hou of nie, beslis nie geďgnoreer kan word nie. (SAMA-wenner / Skrywer en sanger van die gewildste Afrikaanse lied ooit / Oor die miljoen CDs verkoop / Akteur in verskeie TV-produksies / Nr. 32 op “Greatest SA’can”-lys)



Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za
27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001