![]() |
|||
![]() |
Diana - Van feëprinses tot tragiese ikoon Magda Cronje |
||
|
Aanbevole verkoopsprys : ISBN:
Algemene besonderhede: bestel aanlyn of by www.kalahari.net
|
In hierdie eerste volwaardige Afrikaanse biografie van Diana, die prinses van Wallis, neem die skrywer jou op ’n intieme toer deur dié merkwaardige vrou se lewe. Jy ontmoet haar nie net as die prinses met die idilliese lewe nie – jy leer ken haar as ’n vrou: · wat van haar kinderdae af gekonfronteer is met gebroke verhoudings Die skrywer verskaf nuwe en minder bekende feite oor Diana en belig diep-omstrede insidente in haar lewe. Die finale en opspraakwekkende ondersoek na haar dood wat in 2008 afgehandel is, word ook volledig gedek. Diana: Van feëprinses tot tragiese ikoon is die verhaal van die liefling van die wêreld en die alleen-mens in haar paleis. Dit gee aangrypend weer hoe sy gepoog het om die Britse koningshuis meer menslik te maak sodat hulle kon identifiseer met die behoeftes van gewone mense. Dit is bowenal die verhaal van ’n vrou in haar liefde verlaat, maar wat self nooit opgehou het om liefde te gee nie. |
||
|
|
|||
|
Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za First Floor - 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001 |
|||