------ ------------- -----------------

Dêmmit

Tinus Viviers

Aanbevole verkoopsprys :
R 130.00

ISBN:
0-9802556-0-0

Algemene besonderhede :
120 bladsye
Fiksie

Bestel:
Contact Griffel

Uittreksel:

Bladsye 1-33

KKNK Foto's

Bestel deur:

Leon Jansen, 'n fondsebestuurder, glo dat sy ontslag onregverdig was en soek raad by sy sake-vriend, die mynmagnaat Cyril Benkenstein. Terwyl Johan 'Dêmmit' Dreyer allerhande finansiële truuks uithaal om 'n Storming Bull-toekenning te verwerf, huur Leon 'n privaatspeurder om die persoonlike sake van Johan en die firma se eienaar, Mac, te ondersoek.

In 'n poging om self meer inligting te verkry, knoop Leon 'n verhouding aan met die telefoniste. Wanneer hy uitvind dat Gizela van Zyl, sy opvolger, Mac se minnares is en dat Johan Dreyer 'n dobbelprobleem het, besluit hy om sy planne te verander. Dit, tesame met die moord op Cyril Benkenstein, laat hom geleenthede raaksien om gou ryk te word. Intussen snuffel inspekteur Coetsee na leidrade om die moord te ontrafel en kom in die proses op interessante feite oor Leon af.

Toe Mac weens strategiese redes besluit om met sy vrou te versoen, is die gevolg dat Gizela haar visier subtiel op Johan 'Dêmmit' Dreyer begin instel. Dan krap 'n sameloop van omstandighede bykans een en almal se planne deurmekaar.



Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za
First Floor - 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001