------ ------------- ----------------- ----

Om die Bybel anders te lees
'n Etiek van Bybellees

Gerrie Snyman

RRP: R163

ISBN: 978-0-9802556-6-9

Algemene besonderhede:
200 bladsye / Sagteband / A5
Nie-Fiksie / Godsdienstig

bestel aanlyn

Verwante skakels:

Resensie op TEO.co.za

Uittreksel - bladsye 1-37

Opsomming van toespraak by NHN

Artikel en resensies

Studia Historiae Ecclesiasticae

Frances Klopper-resensie

Dr G J Malan-resensie

'Snyman hou pastoor wakker'

Kletskerk

Kletskerk-draad

KKNK Foto's

Jongste resensie van Om die Bybel anders te lees

Hans van Deventer

Omdat apartheid 'n beskawingsbreuk veroorsaak het, het die manier hoe lesers die Bybel binne die Afrikaanse reformatoriese tradisie hanteer, problematies geword. Ons kan nie meer vandag die Bybel op dieselfde manier lees as wat aanleiding tot die teologiese regverdiging van apartheid eens op 'n tyd gegee het nie. Ons moet die Bybel anders lees.

Dit is noodsaaklik dat Bybellesers bewus word van die merke wat hulle hantering van die Bybel op ander mense laat. Bybellees het 'n effek op mense. 'n Etiek van Bybellees help lesers om nie net die Bybelteks in ag te neem nie, maar ook diegene wat deur Bybelinterpretasie geraak word. Die vraag is nie net hoe betekenis gekonstrueer word nie, maar ook wie se belange gedien word, watter waardes aangemoedig word en watter sosio-politieke praktyke gelegitimeer word. Dit beteken dat die subjektiewe element aktief in die lees van die Bybel verdiskonteer word deur 'n mens se verantwoordelikhede ten opsigte van die teks, die leser en diegene wat die merke van 'n mens se lees gaan dra, te balanseer.

Die etiese moment word belangrik, want hierin ontmoet die Bybelleser die ander mens in sy of haar blootgesteldheid. Maar dit vra ook 'n sensitiewe hantering van die Bybelteks ten einde geregtigheid teenoor die teks in sy historiese konteks te laat geskied. Op so 'n wyse word die Bybel minder van 'n wapen wat teen mense (soos vroue en gays) gebruik kan word en meer van 'n instrument om lesers te bemagtig.



Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za
First Floor - 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001