![]() |
|||
|
Bonsai Pieter Loubser |
|||
|
Aanbevole verkoopsprys: ISBN:
Algemene besonderhede: Navrae: info@griffel.co.za
|
Sedert 1982 is Pieter Loubser al intensief besig met Bonsai-kuns. Sy Bonsai-CV is baie lank en indrukwekkend. Hy word dwarsoor Suid-Afrika gereken as ʼn kenner van Bonsai-kuns en tree gereeld op by Bonsai-geleenthede. Die leser word deur hierdie boek genooi om binne-in die hart van die Bonsai-kuns te kom loer. Hierin sal jy al die inligting verkry om jou eie Bonsai te stileer en te onderhou. Bonsai - Kuns in die kleine is ʼn samevoeging van noodsaaklike pitkos met betrekking tot versorging van Bonsai. Geen steen word onaangeraak nie. Bonsai-kuns word as kunsvorm belig, maar die tegniese en tuinboukundige raad vul hierdie juweel van ʼn boek pragtig aan. Die inligting word logies en in verstaanbare taal vir die leek aangebied. Ervare Bonsai-kwekers sal hulle verkneukel in die kompakte inligting, maar dit is eweneens handig vir enige vlak van beoefening. Daarom hoort die boek aan jou sy wanneer jy aan jou bome werk. Die 120 sketse en 137 foto's van veral Pieter se bome, bakke, gereedskap en tegnieke, wys vir jou hoe moontlik dit is om pragtige Bonsai in ʼn kort tyd te skep. Hierdie boek is klein en kompak, maar bult van die massa inligting wat daarin vervat is. Die DVD wat by die boek ingesluit word neem jou op ʼn reis van kleur en vorm, deur ontwerpe en versorging van Pieter se bome in sy tuin. Baie van die Bonsai is nog nooit deur publiek gesien nie, en min mense was al saam met Pieter in sy Bonsai-tuin. Hier is nou só ’n Bonsai-kuiergeleentheid in jou woonvertrek. |
||
|
|
|||
|
Tel: 021 465 0025 - Fax: 0866 750 776 - Web: www.griffel.co.za - Email: info@griffel.co.za 27 Derry Street - Vredehoek - Cape Town - RSA - 8001 |
|||